Site MapHelpFeedbackGlossary in Afrikaans
Glossary in Afrikaans
(See related pages)

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

A

Abnormal behaviour (Abnormale gedrag): Gedrag wat angswekkend of disfunksioneel is vir 'n persoon, en/of afwyk van kulturele norms in wyses wat deur ander mense as onvanpas of wanaangepas beoordeel word.

Absolute refractory period (Absolute refraktêre periode): Die kort tydperk wat direk na die aktivering van aksie potensiaal volg, wanneer die neuron nie in staat is om gestimuleer te word of nog ’n impuls te vuur nie.

Absolute threshold (Absolute drempel): Die laagste intensiteit waarby 'n stimulus 50 persent van die tyd waargeneem kan word.

Abstinence violation effect (Onthoudingskendingseffek): 'n Reaksie wat deur 'n terugslag veroorsaak word, waartydens persone hulself blameer en aflei dat hulle onbekwaam is om hoë risiko situasies te hanteer.

Accommodation (Akkommodasie): In kognitiewe ontwikkeling, die proses waartydens nuwe ervarings bestaande skemas tot verandering noop.

Acetylcholine (ACh)(Asetielcholien): 'n Prikkelende neuro-oordragstof wat verantwoordelik is vir die oordrag van impulse by die sinapse met spiere en ook by sommige neurale bane betrokke in geheue.

Achievement goal theory (Prestasie-doelteorie): 'n Teorie van prestasie motivering wat die doelwitte (ego versus meesterskap) en motiveringsklimate wat prestasie dryf beklemtoon.

Achievement test (Prestasie-behalingstoets): 'n Maatstaf van 'n individu se mate van vervulling in 'n spesifieke onderwerp of taak, gebaseer op 'n relatief gestandaardiseerde stel ervarings.

Action potential (Aksie potensiaal): ’n Senuwee impuls wat deur die depolarisasie van ’n akson se selmembraan veroorsaak word.

Activation-synthesis theory (Aktiveringsinteseteorie): 'n Teorie wat voorstel dat drome die brein se poging is om ewekansige patrone van neurale aktivering wat deur die breinstam geaktiveer word gedurende slaap, te interpreteer.

Adaptations (Aanpassings): Biologiese en gedragsveranderinge wat organismes toelaat om herhalende oorlewingsuitdagings deur die omgewing te oorkom en sodoende hulle voortplantingsmoontlikhede te verhoog.

Adaptive significance (Aanpassingsbelang): Die wyse waarop 'n sekere gedrag 'n organisme se kanse op oorlewing en voortplanting in sy/haar natuurlike omgewing verbeter.

Adolescence (Adolessensie): Die tydperk van ontwikkeling wat 'n geleidelike oorgang tussen die kinder- en volwassetydperk behels.

Adolescent egocentrism (Adolessente egosentrisme): Hoogs self-gefokusde denkwyses, veral gedurende die vroeë tiener jare.

Adoption study (Aannemingstudie): ’n Navorsingsmetode in gedragsgenetika waarin die eienskappe van aangenome mense vergelyk word met beide hulle biologiese en aanneem ouers, in 'n poging om die sterkte van die eienskap se genetiese komponent vas te stel.

Adrenal glands (Byniere): Endokriene kliere wat streshormone vrystel, insluitende katecholamiene en kortikosteroïede.

Aerobic exercise (Aërobiese oefening): Volgehoue fisiese aktiwiteit wat die hartslagtempo en die behoefte aan suurstof verhoog.

Agonist (Agonis): 'n Chemiese middel wat die aktiwiteit van 'n neuro-oordragstof laat toeneem of naboots.

Agoraphobia (Agorafobie): 'n Groep fobies (irrasionele vrese) wat verband hou met plekke of situasies wees waar ontsnapping moeilik mag wees, in die geval van skielike onbevoegdheid (bv. op 'n brug, in 'n bus, tussen 'n groot skare of in groot oop spasies).

Alcohol myopia (Alkohol miopie): 'n Onvermoë om aandag te skenk aan soveel inligting soos tydens nugterheid, wat lei tot onstabiele persepsies en reaksies, wat op hulle beurt die risiko aan misverstande, waninterpretasies en swak oordeel oor die gevolge van dade, verhoog.

Algorithms (Algoritmes): Georganiseerde wyses van probleemoplossing (wat resultate lewer) wat deur 'n beperkte reeks duidelik gedefinieerde stappe, om dit te behaal, uitgedruk word (bv. 'n wiskundige formule).

All-or-none law (Alles-of-niks-wet): Benadruk dat aksie potensiaal nie proporsioneel tot die intensiteit van die stimulus is nie, maar dat 'n senusel óf op maksimum potensiaal vuur óf glad nie (vergelyk met gegradueerde potensiaal).

Alpha waves (Alfagolwe): 'n Breingolfpatroon van 8 tot 12 siklusse per sekonde wat kenmerkend is van 'n mens in 'n ontspanne, lomerige staat.

Alzheimer's disease (AD) (Alzheimer-siekte): 'n Brein versteuring, tipies maar nie alleenlik deel van bejaardheid nie, waarvan geheue verlies en verwarde gedagtes prominente kenmerke is.

Amplitude (Amplitude): Die vertikale grootte van 'n klankgolf, wat aanleiding gee tot die waarneming van hardheid en gemeet word in terme van desibels.

Amygdala (Amigdala): 'n Struktuur in die limbiese sisteem wat emosionele reaksie patrone help organiseer.

Anorexia nervosa (Anorexia nervosa): 'n Eetversteuring wat uitermatige en soms noodlottige beperking van voedselinname behels.

Antagonist (Antagonis): 'n Chemiese middel wat die werking van 'n neuro-oordragstof inhibeer of laat afneem.

Anterograde amnesia (Anterograde amnesie): Geheue verlies vir gebeure wat na die inisiële aanvangs van amnesie voorkom.

Anticipatory nausea and vomiting (ANV) (Antisiperende naarheid en braking): Klassiek gekondisioneerde naarheid en braking wat by kanker pasiënte voorkom wat aan stimuli, geassosieer met hulle behandeling, blootgestel word.

Antigens (Antigene): Letterlik, teenliggaam opwekkers, of vreemde middels wat die selle van die immuunstelsel aktiveer.

Antisocial personality disorder (Antisosiale persoonlikheidsversteuring): 'n Langtermyn volgehoue versteuring, wat deur 'n gebrek aan gewete, tekortkominge in empatie, 'n geneigdheid om op 'n impulsiewe wyse uit te reageer en die verontagsaming van nagevolge, gekenmerk word.

Anxiety (Angs): 'n Onaangename emosionele toestand gekenmerk deur onsekere afwagting tesame met fisiologiese opwekking en vreesagtige gedrag. Hoe intenser die angsbelewing, hoe negatiewer die uitwerking daarvan op prestasie.

Anxiety disorders (Angsversteurings): 'n Groep gedragsversteurings waarin angs en gepaardgaande wanaangepaste gedrag die kern vorm.

Aphasia (Afasie): Die gedeeltelike of algehele verlies van die vermoë om spraak te begryp (reseptiewe afasie) of te produseer (produktiewe afasie).

Applied behaviour analysis (Toegepaste gedragsontleding): 'n Proses waarby operante kondisionering met wetenskaplike data gekombineer word om sodoende individuele en gemeenskapsprobleme op te los.

Applied research (Toegepaste navorsing): Navorsing wat ontwerp is om spesifieke, praktiese of ‘werklike’ probleme op te los.

Approach-approach conflict (Nadering-naderingskonflik): Konflik wat besluiteloosheid en aarseling in 'n individu veroorsaak omdat hulle gelyktydig met twee ewe aantreklike, maar onversoenbare, alternatiewe gekonfronteer word.

Approach-avoidance conflict (Nadering-vermydingskonflik): Konflik wat besluitloosheid en aarseling in 'n individu veroorsaak omdat hulle gelyktydig deur dieselfde doel aangetrek en afgestoot word.

Aptitude test (Aanlegtoets): 'n Maatstaf van 'n persoon se vermoë om voordeel uit verder opleiding of ervaring in 'n beroep of vaardigheid te trek; gewoonlik gebaseer op die meting van vaardighede wat deur hulle leeftyd ontwikkel is eerder as gedurende 'n spesifieke verloop van studie.

Archetypes (Argetipes/Oertipes): In Jung se teorie, ingebore konsepte of herinneringe (bv. God, die held, die goeie moeder); wat in die kollektiewe onbewuste gesetel is.

Archival measures (Argief maatstawwe): Die gebruik van aantekeninge, rekords of vorige dokumentasie wat inligting bevat oor 'n sekere tipe gedrag.

Assimilation (Assimilasie): In kognitiewe ontwikkeling, die proses waarby nuwe ervarings in bestaande skemas ingesluit word.

Association cortex (Assosiasiekorteks): Die areas in die serebrale korteks wat nie oor sensoriese of motoriese funksies beskik nie, maar betrokke is by die integrasie van neurale aktiwiteit wat onderliggend is aan persepsie, taal en ander hoërorde funksies.

Associative network (Assosiatiewe netwerk): Die siening dat langtermyngeheue georganiseer is as 'n reuse netwerk van geassosieerde idees en konsepte.

Attachment (Gehegtheid): Die sterk emosionele band wat tussen twee mense ontstaan. In ontwikkeling, die band tussen kinders en hulle primêre versorgers.

Attention deficit/hyperactivity disorder (ADHD) (Aandagtekort/ hiperaktiwiteit versteuring (ATHV)): 'n Versteuring, wat gewoonlik in die kinderjare ontstaan, en aandag gebrekke, hiperaktiwiteit/ impulsiwiteit of 'n kombinasie van die twee kan aanneem en belemmerde funksionering veroorsaak.

Attitude (Houding): 'n Positiewe of negatiewe reaksie op 'n stimulus deur oordeel gedryf (bv. ten opsigte van 'n persoon, aksie, voorwerp of konsep).

Attribution (Attribusie): Oordeel gevel oor die oorsake van ons eie of ander mense se gedrag.

Authoritarian parents (Outoritêre ouers): Versorgers wat beheer oor hulle kinders uitoefen binne 'n koue, terughoudende of verwerpende verhouding.

Authoritative parents (Gesaghebbende ouers): Versorgers wat beherend tog warm is; hulle vestig duidelike reëls binne 'n versorgende, ondersteunende atmosfeer en pas dit ook so toe.

Autistic disorder (Outistiese versteuring): 'n Ernstige ontwikkelingsversteuring gekenmerk deur uitermatige beperkinge wat verband hou met sosiale interaksie en kommunikasie, tesame met hoogs herhalende en rigiede gedragspatrone.

Autobiographical memories (Outobiografiese herinneringe): Geheuebeelde saamgestel uit persoonlike ervarings wat die “storie van ons lewe” vertel.

Automatic (unconscious) processing (Outomatiese/Onbewuste verwerking): Verstandelike aktiwiteite wat met min of geen bewustheid of beheer geskied nie.

Autonomic nervous system (ANS) (Outonome senuweestelsel): Die tak van die perifere senuweestelsel wat die liggaam se onwillekeurige spiere (bv. die hart) en interne organe aktiveer. Die OSS word verder in die simpatiese en die parasimpatiese senuweestelsels verdeel.

Availability heuristic (Beskikbaarheidsheuristiek): 'n Metode om volgens die praktyk oordeel te fel oor die waarskynlikheid dat 'n voorbeeld van 'n kategorie van gebeure beskikbaar is in die geheue en sodoende met gemak herroep kan word.

Aversion therapy (Aversieterapie): 'n Terapeutiese tegniek waardeur 'n gekondisioneerde stimulus wat huidiglik 'n positiewe maar wanaangepasde respons ontlok, met 'n onaangename ongekondisioneerde stimulus paar, in 'n poging om afkeur vir die gekondisioneerde stimulus te bewerkstellig.

Aversive punishment (positive punishment, punishment by application) (Aversiewe straf (positiewe straf, straf deur toepassing)): 'n Tipe straf waarin 'n operante respons verswak word deur die daaropvolgende aanbieding van 'n onaangename stimulus.

Avoidance-avoidance conflict (Vermyding-vermydingskonflik): Konflik wat besluiteloosheid en aarseling in 'n individu veroorsaak omdat hulle met 'n keuse tussen twee ewe onaangename alternatiewe gekonfronteer word.

Avoidance conditioning (Vermydingskondisionering): 'n Vorm van leer waarbinne organismes 'n respons aanleer om sodoende die ongewensde nagevolge te vermy.

Axon (Akson): 'n Verlenging van die een kant van die senuweeselliggaam wat senu-impulse na ander senuwees, spiere of kliere gelei.<br>

 

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

B

Basic research (Basiese navorsing): Navorsing wat ontwerp is om kennis te verkry, slegs ter wille van kennis.

Basilar membrane (Basilêre membraan): 'n Membraan wat die lengte van die cochlea strek en die orgaan van Corti en die se klank reseptor haartjies huisves; wanneer gestimuleer produseer hierdie haarselle die neurale gevolge van ouditiewe stimulasie.

Behavioural activation system (BAS) (Gedragsaktiveringsisteem): 'n Neurale sisteem wat geaktiveer word deur indekse wat potensiële beloning en positiewe behoefte gratifikasie aandui. Aktiwiteit in hierdie neurale sisteem lei daartoe dat die persoon beweging jeens positiewe doelwitte in antisipasie van plesier laat aanvang of gedy.

Behavioural activation treatment (Gedragsaktiveringsbehandeling): 'n Behandeling vir depressie wat kliënte in lewensaktiwiteite laat deelneem wat ontwerp is om positiewe versterking in hulle lewens te laat toeneem.

Behavioural assessment (Gedragsassessering): Die meting van gedrag deur direkte observasie en die toepassing van 'n koderingsisteem.

Behavioural inhibition system (BIS) (Gedragsinhibisiesisteem): 'n Neurale sisteem wat geaktiveer word deur indekse wat potensiële pyn, nie-versterking en straf aandui. Aktiwiteit in hierdie neurale sisteem produseer vrees, die inhibisie van gedrag, sowel as ontsnapping en vermydingsgedrag.

Behavioural neuroscience (Gedragsneurowetenskap): 'n Onderafdeling van sielkunde wat breinprosesse en ander fisiologiese funksies onderliggend aan gedrag, sintuiglike ervarings, emosies en gedagtes ondersoek.

Behavioural perspective (Behavioristiese perspektief): 'n Siening wat die vormende en beherende invloed wat die omgewing en leer ervarings op gedrag het beklemtoon.

Behavioural signatures (Gedragskentekens): Konstante reaksiewyses deur 'n individu in spesifieke klasse van situasies.

Behavioural genetics (Gedragsgenetika): Die wetenskaplike studie van die rol wat genetiese oorerwing in gedrag speel.

Behaviourism (Behaviorisme): 'n Beweging in die sielkunde wat die vormende en beherende invloed wat die omgewing en leerervarings op gedrag het beklemtoon en voorstel dat die ware studieveld van die sielkunde waarneembare gedrag is.

Behaviour modification (Gedragsmodifikasie): Terapeutiese prosedures wat op die beginsels van operante kondisionering gebaseer is, soos positiewe versterking, operante blussing, en straf, om sodoende die voorkoms van gewenste gedrag te laat toeneem en/of dié van ongewensde gedrag te laat afneem.

Behaviour-outcome expectancy (Gedrag-uitkoms verwagting): Die subjektiewe waarskynlikheid dat 'n sekere resultaat die gevolg van sekere gedrag, in 'n gegewe situasie, sal wees.

Belief bias (Oortuigingsvooroordeel): Die geneigdheid om logiese reëls oorboord te gooi en afleidings te maak wat op 'n persoon se bestaande oortuigings gebaseer is.

Beta waves (Betagolwe): 'n Breingolfpatroon van 15 tot 30 siklusse per sekonde wat kenmerkend is van 'n mens in 'n waaksame, wakker staat.

Bilingualism (Tweetaligheid): Die gebruik van twee tale in die daaglikse lewe.

Binocular depth cues (Binokulêre diepte-wenke): Diepte-wenke wat die gebruik van albei oë vereis.

Binocular disparity (Binokulêre strydigheid): Die binokulêre diepte-wenke wat geproduseer word deur effens verskillende beelde wat 'n voorwerp op die retinas van die twee oë projekteer.

Biologically based mechanisms (Biologies-gebaseerde meganismes): Ontwikkelde biologiese strukture wat insette ontvang van die omgewing, die inligting verwerk en daarop reageer.

Biological perspective (Biologiese perspektief): 'n Sienswyse wat op die rol van biologiese faktore in gedrag, insluitende biochemiese en breinprosesse, sowel as genetiese en evolusionêre faktore, fokus.

Bipolar disorder (Bipolêre (gemoeds)versteuring): 'n Gemoedsversteuring waarbinne tussenposes van manie presenteer teen 'n agtergrond van depressie.

Blindsight (Blindesig): 'n Versteuring waarbinne mense in 'n gedeelte van hulle visuele veld blind is, maar tog reageer, in spesiale toetse, op stimuli in daardie veld ten spyte van die feit dat hulle rapporteer dat hulle dit nie kan waarneem nie.

Blood-brain barrier (Bloed-breinskans): 'n Gespesialiseerde voering van selle in die brein se bloedvate wat vreemde voorwerpe afskerm, terwyl voedingstowwe na die senuweeselle deurgelaat word.

Bottom-up processing (Agterstevoor prosessering): Perseptuele prosesse wat by die analise van individuele elemente van die stimulus begin en dan 'n saamgestelde persepsie bereik deur hulle integrasie in die brein.

Borderline personality disorder (BPD) (Grens(lyn)persoonlikheidsversteuring): 'n Ernstige persoonlikheidsversteuring wat deur uitermatige onstabiliteit in gedrag, emosie, identiteit en interpersoonlike verhoudings gekenmerk word.

Brain stem (Breinstam): Die gedeelte van die brein wat deur die uitstulping van die rugmurg, waar dit die skedel binnedring, gevorm word; die strukture van die breinstam reguleer basiese oorlewingsfunksies van die liggaam, soos hartslagtempo en asemhaling.

British empiricism (Britse empirisisme): 'n 17e-eeuse filosofiese skool wat deur Locke tot stand gebring is, waarvolgens al die inhoude van die gedagtes, op 'n eksperiënsiële wyse, deur die sintuie verwerf is.

Broca's area (Broca-gebied (Broca se area)): 'n Gedeelte van die linker frontale lob wat by die produksie van spraak betrokke is.

Bulimia nervosa (Bulimie): 'n Eetversteuring wat 'n herhaalde siklus van ooreet, gevolg deur geïnduseerde braking (purgasie) van die voedsel, insluit.

Bystander effect (Bystander effek): Die beginsel dat die teenwoordigheid van 'n groep toeskouers elke persoon se geneigdheid om te help onderdruk, grootliks te wyte aan sosiale vergelyking of diffusie van verantwoordelikheid.<br>

 

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

C

Cannon-Bard theory (Cannon-Bard-teorie): 'n Teorie van emosie wat voorstel dat die talamus terselfdertyd boodskappe na die korteks (wat ons ervaring van emosie produseer) en na die ingewande en skeletspiere gelei, wat gelyktydige aksies en fisiologiese response meebring.

Case study (Gevallestudie): 'n In-diepte analise van 'n individu, groep of gebeurtenis.

Catatonic schizophrenia (Katatoniese skisofrenie): 'n Skisofreniese reaksie wat deur wisselende state van liggaamlike rigiditeit en rustelose opgewondenheid gekenmerk word.

Catharsis (Katarsis): Die proses waarby uitdrukking gegee word aan emosies wat as intens beleef word, maar selde tot uiting kom.

Central nervous system (Sentrale senuweestelsel): Die gedeelte van die senuweestelsel wat die brein en die rugmurg insluit.

Central route to persuasion (Sentrale roete tot oorreding): Kom voor wanneer mense versigtig nadink oor 'n boodskap en dan daardeur beïnvloed word, omdat hulle die argumente oortuigend vind.

Cephalocaudal principle (Kefalokoudale beginsel): Die geneigdheid van fisiese ontwikkeling om in 'n kop-tot-tone rigting plaas te vind.

Cerebellum (Serebellum (Kleinbrein)): 'n Kronkelende agterbreinstruktuur wat by motoriese koördinasie en sommige aspekte van leer en geheue betrokke is.

Cerebral cortex (Serebrale korteks (Breinskors)): Die grys, kronkelende buitenste laag van die brein wat die setel van hoërorde sensoriese, motoriese, perseptuele en gedagteprosesse is.

Cerebrum (Serebrum (Grootbrein)): Die mees gevorderde gedeelte van die brein, wat die serebrale korteks en omliggende strukture huisves.

Chaining (Skakeling): 'n Prosedure in operante kondisionering wat gebruik word om 'n volgorde (skakel) van reaksies te ontwikkel deur elke afsonderlike reaksie, met die geleentheid om die volgende reaksie te volbring, te versterk.

Cholecystokinin (CCK) (Cholesistokinin): 'n Peptiede (hormoon) wat help om versadigheid, en sodoende die staking van eet, mee te bring.

Chromosomes (Chromosome): Styf opgekrulde stringe deoksiribonukleïensuur (DNS) en proteïene wat die gene bevat.

Chunking (Groepering): Die kombinasie van individuele items in groter eenhede van betekenis.

Circadian rhythms (Sirkadiese ritmes): Biologiese siklusse binne die liggaam wat om en by op 'n 24-uur siklus geskied.

Classical conditioning (Klassieke kondisionering): 'n Prosedure waarby 'n stimulus wat voorheen neutraal was (die gekondisioneerde stimulus) nou 'n gekondisioneerde respons ontlok, op grond van die feit dat dit met 'n ongekondisioneerde stimulus gepaar is wat natuurlik 'n soortgelyke respons ontlok (die ongekondisioneerde respons).

Cochlea (Koglea (Slakkehuis)): ’n Klein vloeistof-gevulde halfsirkelvormige struktuur van die binne oor, wat die reseptors vir klank huisves.

Cognitive-affective personality system (CAPS) (Kognitief-affektiewe persoonlikheidsisteem): ’n Model wat die vyf “persoon veranderlikes” wat verklaar hoe ’n persoon in sekere situasie sal reageer, organiseer; die dinamiese interaksie tussen hierdie vyf faktore, tesame met die eienskappe van die situasie, verklaar die individuele verskille tussen mense, sowel as die verskille in mense se gedrag oor verskillende situasies heen.

Cognitive appraisal (Kognitiewe waardasie): Die proses waar oordeel gevel word oor situasies, persoonlike vermoëns, waarskynlike gevolge, en persoonlike betekenis van gevolge.

Cognitive behaviourism (Kognitiewe behaviorisme): ’n Behavioristiese benadering wat kognitiewe konsepte insluit en voorstel dat die omgewing ons gedrag beïnvloed deur ’n uitwerking te hê op ons gedagtes en vir ons inligting te gee.

Cognitive map (Kognitiewe kaart): ’n Verstandelike voorstelling van die ruimtelike uitleg van ’n area.

Cognitive neuroscience (Kognitiewe neurowetenskap): 'n Vakgebied binne die sielkunde wat die onderafdelings van kognitiewe en fisiologiese sielkunde deurkruis en die brein prosesse onderliggend aan verstandelike aktiwiteit ondersoek.

Cognitive perspective (Kognitiewe perspektief): ’n Sienswyse wat die mens as rasionele inligtingsprosesseerders en probleemoplossers beklemtoon en wat op die verstandelike prosesse wat gedrag beïnvloed fokus.

Cognitive-process dream theories (Kognitiewe-proses droom teorieë): Benaderings wat op die hoe (eerder as die waarom) van droom fokus en voorstel dat droom en wakker gedagtes deur dieselfde verstandelike sisteme in die brein geproduseer word.

Cognitive process theories (Kognitiewe proses teorieë): Benaderings tot intelligensie wat die verstandelike prosesse onderliggend aan intelligente gedagtes analiseer.

Cognitive psychology (Kognitiewe sielkunde): ’n Afdeling van sielkunde wat in die studie van verstandelike prosesse soos gedagtes, geheue, beplanning, redenasie, aandag en persepsie spesialiseer.

Cognitive relaxation (Kognitiewe ontspanning): ’n Staat van verstandelike kalmte wat deur meditasie en ander metodes bereik kan word.

Cognitive restructuring (Kognitiewe herstrukturering): ’n Kognitiewe stres-verminderingsbenadering wat poog om wanaangepaste of irrasionele idees, wat negatiewe emosies ontlok, te bespeur, te betwis en te verander.

Collective unconscious (Kollektiewe onbewuste): Jung se idee van ’n onbewuste wat uit aangebore herinneringe, gedeel met ons voorvaders, bestaan.

Collectivism (Kollektivisme): ’n Kulturele oriëntasie wat die doelbereiking van die groep eerder as individuele doelwitte beklemtoon en waarbinne persoonlike identiteit hoofsaaklik gedefinieer word deur verbintenis binne die groter groep (vergelyk met individualisme).

Common factors (Gedeelde faktore): Terapeutiese elemente wat deur feitlik elke tipe terapie gedeel word en wat mag bydra tot die soortgelyke positiewe gevolge van ’n verskeidenheid terapeutiese benaderings.

Communicator credibility (Spreker geloofwaardigheid): Die mate waartoe ’n gehoor ’n kommunikeerder as betroubaar beskou, hoofsaaklik gebaseer op die persoon se vlak van kundigheid en vertrouenswaardigheid.

Companionate love (Kameraadsliefde): ’n Aandoenlike verhouding wat deur toewyding en omgee oor die maat se welstand gekenmerk word; soms gekontrasteer met passievolle liefde, wat meer emosioneel intens is.

Compensatory response (Kompenserende respons): ’n Liggaamlike reaksie wat dwelmmiddels se effek teëstaan en voorkom in ’n poging om homeostase te herstel.

Competency (Bevoegdheid): Die wetlike geskiktheid van ’n verweerder om verhoor te word, gebaseer op hulle geestelike vermoë om die aard van klagtes teen hulle te verstaan, betekenisvol deel te neem aan die regsverrigtinge en raadgewing van ’n regsgeleerde te begryp.

Competency-focused intervention (Bevoegdheid-gefokusde intervensie): Voorkomingsprogramme wat ontwerp is om persoonlike hulpmiddels wat nodig is om situasies suksesvol te hanteer, wat andersins sielkundige versteurings mag veroorsaak, te vermeerder.

Compulsion (Kompulsie): Die herhalende aksie wat ’n persoon genoop voel om uit te voer, gewoonlik in reaksie op ’n obsessiewe gedagte of beeld.

Computerized axial tomography (CT, or CAT) scan (Rekenaar(as)tomografie (RT of RAT) skandering): ’n Metode waar reekse x-strale van die brein geneem word deur smal ligbundels te gebruik, wat dan deur ’n rekenaar geanaliseer word en gekombineer word om beelde van die brein vanuit verskeie hoeke weer te gee.

Concept (Konsep): ’n Verstandelike kategorie wat soortgelyke voorwerpe, mense en gebeure bevat.

Concordance (Konkordansie): Die waarskynlikheid dat twee mense ’n spesifieke karaktereienskap deel.

Concrete operational stage (Konkreet-operasionele stadium): In Piaget se teorie, die stadium van kognitiewe ontwikkeling waartydens kinders basiese verstandelike prosesse kan uitvoer, te make met probleme wat tasbare (konkrete) voorwerpe en situasies insluit.

Conditioned response (CR) (Gekondisioneerde respons (GR)): In klassieke kondisionering, ’n respons op ’n gekondisioneerde stimulus; die gekondisioneerde respons word gevestig deur gekondisioneerde stimulus te paar met ’n ongekondisioneerde respons wat ’n soortgelyke respons lewer.

Conditioned stimulus (CS) (Gekondisioneerde stimulus (GS)): ’n Stimulus wat, na paring met ’n ongekondisioneerde stimulus, die vermoë ontwikkel om ’n gekondisioneerde respons te ontlok.

Conditioned taste aversion (Gekondisioneerde smaak aversie): ’n Aangeleerde weersin teen voedsel wat voorheen neutraal of aanloklik was, op grond van die paring met ’n afstootlike ongekondisioneerde stimulus.

Conditions of worth (Voorwaardes vir waardigheid): Geïnternaliseerde standaarde vir eiewaarde, wat deur voorwaardelike positiewe agting deur ander meegebring word.

Conduct disorder (Gedragsversteuring): ’n Patroon van abnormale gedrag waarin kinders belangrike sosiale norms skend en die regte van ander verontagsaam.

Conduction deafness (Geleidingsdoofheid): Gehoorverlies wat veroorsaak word deur die beskadiging van die meganiese sisteem wat klankgolwe na die koglea herlei.

Cones (Kegeltjies): Fotoreseptore in die retina wat die beste in helder lig funksioneer en differensieel sensitief is vir rooi, groen en blou golflengtes.

Confirmation bias (Bevestigingsvooroordeel): Die geneigdheid om inligting na te spoor en te verkies wat ons oortuigings versterk eerder as om oop te wees vir teenstrydige inligting.

Confounding of variables (Verwarring van veranderlikes): In eksperimente, ’n situasie waar die onafhanklike veranderlike vermeng of verwar word met ’n ander, onbeheerde veranderlike; dus kan daar nie met sekerheid verklaar word watter veranderlike verantwoordelik is vir die verandering in die betrokke gedrag (i.e., in die afhanklike veranderlike).

Congruence (Kongruensie): Konsekwentheid tussen selfpersepsie en ervaring.

Consciousness (Bewussyn): Ons oomblik-tot-oomblik bewustheid van onsself en ons omgewing; dit behels die gee van selektiewe aandag aan voortgaande gedagtes, waarnemings en gevoelens.

Conservation (Konservasie): Die beginsel dat basiese eienskappe van voorwerpe, soos hulle massa of hoeveelheid, dieselfde bly ten spyte van veranderings in hulle uiterlike voorkoms.

Construct validity (Konstruk): Die mate waartoe ’n toets die psigologiese konstruk (bv. intelligensie, angs) meet, wat dit veronderstel is om te meet.

Content validity (Inhoudsgeldigheid): Die mate waartoe toetsitems die domein wat die toets veronderstel is om te meet, voldoende verteenwoordig (bv. intelligensie, wiskundige redenasie).

Context-dependent memory (Konteks-afhanklike geheue): Die verskynsel dat dit tipies makliker is om iets te onthou in dieselfde omgewing waar dit oorspronklik aangeleer of ervaar is.

Continuous reinforcement (Kontinue (volgehoue) versterking): ’n Versterkingskedule waarbinne elke respons, van ’n sekere tipe, gevolg word deur versterking.

Control group (Kontrolegroep): In ’n eksperiment, die groep wat nie aan die behandeling blootgestel word nie, of wat ’n nul vlak van die onafhanklike veranderlike ontvang.

Controlled (conscious) processing (Gekontroleerde (bewuste) prosessering): Verstandelike prosessering wat willekeurige beheer en aandag vereis.

Conventional moral reasoning (Konvensionele morele redenering): Volgens Kohlberg, die stadium wanneer morele oordeel gebaseer word op inskiklikheid by sosiale verwagtinge, wette en verpligtinge.

Convergence (Konvergensie): ’n Binokulêre dieptewenk wat deur die spiere wat die oë roteer soos wat hulle op nabygeleë voorwerpe fokus, teweeg gebring word.

Conversion disorder (Konversieversteuring): ’n Versteuring waar ernstige neurologiese simptome, soos parese, verlies van sensasie of blindheid skielik voorkom, sonder die aanwesigheid van fisiese oorsake.

Coping self-efficacy (Hantering-selfdoeltreffendheid): Oortuigings wat verband hou met ons vermoë om ’n stresvolle stimulus of situasie, insluitende pyn, effektief te hanteer.

Corpus callosum (Corpus Callosum): ’n Breë band wit, gemiëliniseerde vesels wat die linker en regter hemisfere verbind en wederkerige kommunikasie moontlik maak.

Correlational research (Korrelatiewe navorsing): Navorsing wat twee of meer veranderlikes wat natuurlik voorkom, en die moontlikheid dat hulle statisties met mekaar verband hou, ondersoek

Correlation coefficient (Korrelasiekoëffisiënt): ’n Statistiek wat die rigting en krag van die verhouding tussen twee veranderlikes aandui; waardes kan ’n omvang van tussen +1.00 tot -1.00 aanneem.

Counterbalancing (Teenbalansering): In eksperimente, ’n prosedure wat gebruik word in ontwerpe wanneer elke deelnemer aan al die vereistes voldoen. Die volgorde van voorwaardes word gewysig vir verskillende deelnemers, om sodoende te verseker dat geen vereiste, in die algemeen, voordeel trek relatief tot die ander vereistes nie.

Counter-conditioning (Teenkondisionering): Die proses van paring van ’n onversoenbare respons met ’n bepaalde stimulus om sodoende die wanaangepaste respons te elimineer (bv. angs), soos wat in sistematiese desensitisasie voorkom.

Creativity (Kreatiwiteit): Die vermoë om iets wat beide nuut en waardevol is, voort te bring.

Criterion-related validity (Kriteriumverwante geldigheid): Die vermoë van ’n sielkundige toetstelling om met sekere huidige of toekomstige gedrag te korreleer, terwyl dit aanvaar word dat die gedrag wat in die toets gemeet word, deur die konstruk beïnvloed word.

Critical periods (Kritieke periodes): Beperkte tydsgleuwe waartydens vormbaarheid kan voorkom as gevolg van ’n ervaring of reaksie op ’n besering; in ontwikkeling, ’n tydgleuf waarbinne blootstelling aan sekere soorte stimulasie noodsaaklik is vir normale groei.

Cross-sectional design (Dwarssnee ontwerp): ’n Navorsingsontwerp wat gelyktydig mense van verskillende ouderdomsgroepe vergelyk, op ’n sekere tydstip.

Crystallized intelligence (gc) (Gekristalliseerde intelligensie): Intellektuele vermoëns wat afhanklik is van ’n inligtingstoor of die verkryging van sekere vaardighede (vergelyk vloeibare intelligensie).

Cultural display rules (Kulturele vertoningsreëls): Kulturele norms wat hoe en wanneer uiting aan emosies gegee word, reguleer.

Culturally competent therapists (Kultureel-bevoegde terapeut): Praktisyns wat ’n stel terapeutiese vaardighede het, insluitende wetenskaplike oriëntasie, oor die vermoë beskik om beide individuele en kulturele vaardighede te oorweeg, en die kapasiteit het om kultuur-spesifieke elemente in terapie in te bring met mense van ander kulturele erfenis as sy/haar eie.

Cultural psychology (Kulturele sielkunde): ’n Afdeling van die sielkunde, soms verwys na as kruis-kulturele sielkunde, wat die wyse waarop kultuur na lede oorgedra word, ondersoek en sielkundige ooreenkomste en verskille wat tussen mense van diverse kulture, bestudeer.

Culture (Kultuur): Die volgehoue waardes, oortuigings, gedrag en tradisies wat tussen ’n groot groep mense gedeel word en van generasie tot generasie oorgedra word.

Culture-bound disorders (Kultuur-gebonde versteurings): Gedragsversteurings waarvan die spesifieke vorme beperk is tot een kulturele konteks.

Cytokines (Sitokinien): Chemiese molekules wat deur die immuunstelsel vrygestel word, wat ’n koors en inflammasie veroorsaak, die herstel van beseerde weefsel meebring en ander immuunselle aktiveer en rig. <br>

 

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

D

Dark adaptation (Donker-adaptasie): Die progressiewe toename in helderheidsensitiwiteit wat voorkom oor ’n tydperk soos wat fotopigmente hulleself genereer tydens blootstelling aan lae vlakke beligting.

Decay theory (Verval teorie): Stel voor dat fisiese geheue oorblyfsels in die senuweestelsel wat nie gebruik word nie, mettertyd sal kwyn.

Decibel (Desibel): ’n Logaritmiese maatstaf van klankintensiteit.

Decision criterion (Besluitnemingskriteria): In seinbespeuringsteorie, die potensieel veranderende standaard van die hoeveelheid sekerheid wat ’n persoon moet hê dat ’n stimulus aanwesig is, om die aanwesigheid daarvan te rapporteer.

Declarative memory (Verklarende geheue): Ons geheue vir feitgebaseerde kennis, wat uit twee subkategorieë bestaan, nl. Kennis wat verband hou met persoonlike ervarings (episodiese geheue) en kennis wat verband hou met algemene feite en taal (semantiese geheue).

Deductive reasoning (Deduktiewe redenering): Redenering wat vanaf die algemene beginsel na die spesifieke saak vorder.

Deep structure (Diepte struktuur): ’n Linguistiese term wat verwys na die onderliggende betekenis van ’n gesproke of geskrewe sin; die betekenisse wat diepte strukture verteenwoordig word as konsepte en reëls in die langtermyngeheue gestoor.

Defence mechanisms (Verdedigingsmeganismes): Onbewuste prosesse wat ons help om die angs en pyn van traumatiese ervarings te hanteer. Verdedigingsmeganismes verhoed dat uiting aan angswekkende impulse gegee word of laat hulle toe om in verbloemde vorms voor te kom.

Deindividuation (Deïndividuasie): ’n Staat van verhoogde anonimiteit waarin ’n persoon, gewoonlik as deel van ’n groep of skare, ongeïnhibeerde gedrag openbaar.

Deinstitutionalization movement (Deïnstitusionaliseringsbeweging): Die poging om die primêre lokus van behandeling vanaf geestesgesondheidsinrigtings (hospitale) te verskuif na die gemeenskap.

Delta waves (Deltagolwe): Lae-frekwensie, hoë-amplitude breingolwe wat in derde-stadium slaap voorkom en in vierde-stadium slaap oorheers.

Delusions (Delusies): Valse oortuigings, byvoorbeeld oor vervolging of grootsheid, wat volgehou word ten spyte van bewyse wat gewoonlik genoeg sou wees om dit te vernietig.

Demand characteristics (Eiskenmerke): Wenke in ’n eksperimentele omgewing wat die deelnemers se persepsie van wat van hulle verwag word, en sistematies ook hulle gedrag in daardie omgewing, beïnvloed.

Dementia (Demensie): Die geleidelike verlies van kognitiewe vermoëns wat brein agteruitgang vergesel en inmeng met normale funksionering.

Dendrites (Dendriete): Klein vertakkings van vesels wat vanaf die soma van ’n neuron verleng en boodskappe vanaf omliggende neurons ontvang.

Dependent variable (Afhanklike veranderlike): In ’n eksperiment, die faktor wat deur die navorser gemeet word, wat waarskynlik deur die onafhanklike veranderlike beïnvloed word.

Depressants (Depressante): Dwelms (chemiese middels) wat neurale aktiwiteit verminder en gevoelens van spanning en angstigheid laat afneem. Dit sluit alkohol, barbiturate en kalmeermiddels in.

Depressive attributional pattern (Depressiewe attribusie patroon): Die geneigdheid van depressiewe persone om negatiewe uitkomste aan hul eie onbevoegdhede en positiewe uitkomste aan faktore buite hulle beheer, toe te ken.

Depressive cognitive triad (Depressiewe kognitiewe triade): ’n Patroon van negatiewe evaluasie van die self, die wêreld en die toekoms, wat gereeld by depressiewe persone voorkom.

Descriptive research (Beskrywende navorsing): Navorsing, waarin die hoof doelwit, is om die wyse waarop organismes optree, veral in natuurlike omstandighede, deeglik te beskryf.

Descriptive statistics (Beskrywende statistiek): Statistiek wat die eienskappe van ’n reeks tellings opsom en beskryf.

Diagnostic reliability (Diagnostiese betroubaarheid): Verwys na die samehorigheid van klinici wat diagnostiese oordeel fel.

Dialectical behaviour therapy (DBT) (Dialektiese gedragsterapie): ’n Onlangs ontwikkelde kognitiewe gedragsterapie vir grenslynpersoonlikheidsversteuring.

Difference threshold (Verskil drempel): Die kleinste fisiese verskil tussen twee stimuli, wat steeds as ’n verskil waargeneem kan word; operasioneel verklaar as die punt waarby stimuli, helfte van die tyd as verskillend herken kan word; ook die nouliks-waarneembare verskil genoem.

Discourse (Diskoers): Die kombinering van sinne in groter taaleenhede, soos paragrawe, artikels, novelle ensovoorts.

Discrimination (classical conditioning) (Diskriminasie (klassieke kondisionering)): Die voorkoms van ’n gekondisioneerde respons by een stimulus, maar nie by ’n ander nie.

Discrimination (social behaviour) (Diskriminasie (sosiale gedrag)): Die onregverdige behandeling van mense op grond van die groep waaraan hulle behoort.

Discriminative stimulus (Diskriminerende stimulus): Die voorafgaande stimulus, wat die waarskynlikheid van sekere nagevolge aandui, sou daardie respons gemaak word.

Disorganized schizophrenia (Gedisorganiseerde skisofrenie): ’n Skisofreniese versteuring wat deur verbale onsamehangendheid, versteurde gedagtegange, gedisorganiseerde gedrag en onvanpaste emosionele reaksies, gekenmerk word.

Displacement (Verplasing): Die kapasitiet van taal om voorwerpe en omstandighede, wat nie fisies teenwoordig is nie, te verteenwoordig.

Dissociation theories (of hypnosis) (Dissosiasie teorieë (van hipnose)): Sienswyses wat op hipnose as ’n veranderde staat, wat verdeelde bewustheid (dissosiasie) insluit, fokus; een teorie stel voor dat die gehipnotiseerde persoon gelyktydig twee bewustheidstrome wat afgesny is van mekaar, beleef.

Dissociative disorders (Dissosiatiewe versteurings): Versteurings wat ’n omvangryke dissosiasie van persoonlike identiteit, geheue of bewustheid, behels.

Dissociative identity disorder (DID) (Dissosiatiewe identiteitsversteuring): ’n Dissosiatiewe versteuring, waarbinne twee of meer aparte identiteite of persoonlikhede, gelyktydig in ’n individu bestaan.

Divergent thinking (Divergente denke): ’n Kreatiewe denkwyse wat die ontwikkeling van nuwe idees, wat afwyk van bestaande denkpatrone, behels.

Divided attention (Verdeelde aandag): Die vermoë om meer as een taak gelyk te verrig.

Dodo bird verdict (Dodo-voël beslissing): Die gevolgtrekking wat deur sommige psigoterapie navorsers bereik is, dat feitlik alle behandelingsbenaderings ’n soortgelyke sukseskoers het.

Door-in-the-face technique (Deur-in-die-gesig tegniek): ’n Manipulasie tegniek waarin die aanbieder aanvanklik ’n groot versoek rig, te wagte dat dit verwerp sal word, en dan die kleiner (werklike) versoek rig.

Dopamine hypothesis (Dopamien hipotese): Stel dat die simptome van skisofrenie, deur oor-aktiwiteit van die dopamien sisteem in areas van die brein wat emosionele uitdrukking, gemotiveerde gedrag en kognitiewe funksionering beheer, veroorsaak word.

Double-blind procedure (Dubbelblind metode): ’n Prosedure waartydens beide die deelnemer en die eksperimenteerde onbewus is van die navorsingskondisie wat aan die deelnemer toegeken is.

Downward comparison (Afwaartse vergelyking): Wanneer ’n persoon hom/haarself vergelyk met die standaard vir vergelyking en glo dat hy/sy beter daaraan toe is.

Drive (Drang): In die psigodinamiese perspektief, ’n interne staat van spanning wat ’n organisme motiveer om in wyses, wat hierdie spanning sal verminder, op te tree.

Dual coding theory (Dubbele-koderingsteorie): Hou vol dat as ons inligting kodeer deur van beide die verbale en beeldkodes gebruik te maak, ons die kanse sal verhoog dat ten minste een van die kodes later beskikbaar sal wees om herroeping te ondersteun.

Dual-process theory (Dubbele-prosesteorie): ’n Moderne teorie van kleurwaarneming, wat ’n kombinasie is van die trichromatiese en opponentprosesteorieë. Stel voor dat liggolwe deur rooi-, blou- en groensensitiewe kegeltjies in die retina gekodeer word en daarna deur opponentprosesse in die visuele sisteem.

Dynamic testing (Dinamiese toetsing): ’n Prosedure waarin statiese (gestandaardiseerde) toetse opgevolg word met interaksie, wanneer die ondersoeker vir die proefpersoon begeleide terugvoer gee, oor hoe om sy/haar prestasie te verbeter en dan waarneem hoe die proefpersoon hierdie inligting gebruik.

Dysthymia (Distimie): ’n Depressiewe gemoedsversteuring van matige intensiteit wat oor ’n lang tydperk voorkom, maar nie funksionering tot dieselfde graad as major depressie affekteer nie.<br>

 

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

E

Eclecticism (Eklektisisme): ’n Benadering tot terapie wat beginsels en prosedures van ’n verskeidenheid terapieë kombineer, om sodoende die mees gepaste behandeling aan die kliënt te verskaf.

Effect size (Effek grootte): In meta-analise, ’n maatstaf van behandelingseffektiwiteit wat die persentasie behandelde kliente, wat meer as die gemiddelde onbehandelde kliënt vorder, aandui.

Ego (Ego): ’n Aspek in Freud se drieledige persoonlikheidsteorie; die “uitvoerende beampte” van die persoonlikheid wat gedeeltelik bewus is en as mediator tussen die impulse van die id, die inhibisies van die super-ego en die voorskrifte van die werklikheid, op tree.

Ego-approach goals (Ego-naderingsdoelwitte): ’n Prestasieoriëntasie wat daarop fokus om as suksesvol beoordeel te word, omdat daar beter as ander presteer is.

Ego-avoidance goals (Ego-vermydingsdoelwitte): ’n Prestasieoriëntasie wat daarop fokus om negatiewe oordeel, deur die self of ander, as gevolg van die onvermoë om beter as hulle te presteer, te vermy.

Egocentrism (Egosentrisme): ’n Onvermoë om die wêreld van iemand anders se perspektief te beskou.

Ego orientation (Ego oriëntasie): In prestasiedoelteorie, ’n oriëntasie wat sukses in terme van prestasie op ’n hoër vlak as ander definieer.

Elaborative rehearsal (Uitgebreide repetisie): Wanneer daar op die betekenis van inligting gefokus word of dit in verband gebring word met bestaande kennis.

Electra complex (Elektra-kompleks): Die vroulike weergawe van die Oedipus kompleks, wanneer die vroulike kind erotiese gevoelens teenoor haar vader ervaar, hom seksueel wil besit en die moeder as ’n teenstander sien.

Electroencephalograph (EEG) (Elektroënkefalograaf (EEG)): ’n Apparaat wat gebruik word om gelyktydige aktiwiteit in derduisende neurons te registreer, deur elektrodes wat aan die kopvel verbind is.

Eliciting stimuli (Uitlokkende stimuli): Interne of eksterne indikasies wat emosionele reaksies ontlok.

Embryo (Embrio): ’n Wetenskaplike term vir die prenatale (voorgeboortelike) organisme vanaf die 2e tot die 8ste week na bevrugting.

Emotion (Emosie): ’n Patroon van kognitiewe, fisiologiese en gedragsreaksies op situasies en gebeure wat persoonlik van belang is, i.e. relevant is tot belangrike doelwitte of motiewe.

Emotional intelligence (Emosionele intelligensie): Die vermoë om aanpassend te reageer binne die emosionele sfeer, deur ander se emosies te lees en toepaslik daarop te reageer, om bewus te wees van jou eie emosies en oor die vermoë te beskik om hulle te beheer.

Emotion-focused coping (Emosie-gefokusde hantering (coping)): Hanteringstrategieë wat daarop gemik is om emosionele reaksies op ’n stressor te minimaliseer of te verminder.

Emotion regulation (Emosionele regulering): Die prosesse waarby ons, ons emosionele reaksies evalueer en aanpas.

Empathy (Empatie): Die kapasiteit om dieselfde emosionele reaksie te ervaar as wat deur ’n ander persoon getoon word; in terapie, die vermoë van ’n terapeut om die wêreld deur die kliënt se oë te beskou en sodoende sy/haar emosies te begryp.

Empathy-altruism hypothesis (Empatie-altruïsme hipotese): Die siening dat suiwer altruïsme wel bestaan en dat dit geproduseer word deur die kapasiteit om met ’n persoon in nood meegevoel te hê (te empatiseer).

Empirical approach (Empiriese benadering): ’n Benadering tot toetskonstruksie waarin items (ongeag van hulle inhoud) gekies word, omdat hulle wissel tussen twee groepe wat bekend is daarvoor dat hulle verskil op ’n spesifieke persoonlikheidsveranderlike.

Empirically supported therapies (ESTs) (Empiries ondersteunende terapieë): Psigoterapie en gedrag-veranderingstegnieke wat deur beheerde kliniese proefnemings as effektief bewys is; ook bekend as bewys-gebaseerde terapieë.

Encoding (Kodering): Wanneer inligting in die geheuesisteem ingeneem word deur dit te verwerk na ’n neurale kode wat deur die brein geprosesseer en geberg word.

Encoding specificity principle (Koderingspesifiekebeginsel): Stel dat die geheue verbeter word wanneer omstandighede tydens herroeping ooreenstem met die wat gedurende kodering teenwoordig was.

Endocrine system (Endokriene stelsel): Die liggaam se netwerk van kliere wat hormone in die bloedstroom afskei en sodoende ’n menigte liggaamsfunksies beïnvloed.

Endorphins (Endorfiene): Natuurlike, opiaat-agtige middels wat by pynvermindering betrokke is.

Entity theorist (Entiteitsteoretikus): ’n Individu wat glo dat mense se karaktereienskappe geset en relatief onveranderlik is.

Episodic memory (Episodiese geheue): Ons stoor van feitelike kennis wat met persoonlike ervarings verband hou – wanneer, waar en wat in die episodes van ons lewens gebeur het.

Equal status contact (Gelyke status kontak): Die beginsel wat stel dat vooroordeel tussen mense waarskynlik verminder sal word wanneer hulle in volgehoue nabye kontak met mekaar is; gelyke status in die konteks van hulle kontak het; ’n gemeenskaplike doel wat samewerking verg, nastreef; en deur breër sosiale norms wat vooroordeel ontmoedig, ondersteun word.

Escape conditioning (Ontvlugtingskondisionering): ’n Vorm van kondisionering waar die organisme leer om gedrag te beoefen wat staking van die afstootlike stimulus sal meebring.

Evolution (Evolusie): ’n Verandering in die frekwensie, waarmee spesifieke gene en die eienskappe wat hulle produseer, binne ’n intelende populasie wat mettertyd plaasvind.

Evolutionary/circadian sleep models (Evolusionêre/ Sirkadiese slaap modelle): Die siening dat elke spesie, met die verloop van evolusie, ’n aanpassende, sirkadiese slaap-wakker patroon ontwikkel het, wat sy kanse vir oorlewing in verhouding tot die omgewingseise, verhoog het.

Evolutionary personality theory (Evolusionêre persoonlikheidsteorie): ’n Onlangse poging om persoonlikheidstrekke, soos die Groot Vyf, in terme van die evolusionêre geskiedenis van die mens te verklaar; dit word gemeen dat hierdie trekke deur prosesse van natuurlike seleksie ontwikkel.

Evolutionary psychology (Evolusionêre sielkunde): ’n Terrein van studie wat op die rol van evolusionêre prosesse (veral natuurlike seleksie) in die ontwikkeling van aanpassende psigologiese sisteme en sosiale gedrag in mense, fokus.

Expectancy- value theory (Verwagting-waarde teorie): ’n Kognitiewe teorie wat voorstel dat doelgerigte gedrag gedeeltelik deur (1) die persoon se veronderstelling dat sekere gedrag sal bydra tot doelbereiking en (2) die positiewe of negatiewe waarde wat die persoon aan die doel heg, beïnvloed word.

Experiment (Eksperiment): ’n Navorsingsmetode waarin die navorser een of meer onafhanklike veranderlikes manipuleer onder beheersde omstandighede en die omvang waartoe hierdie manipulasie veranderinge in die afhanklike veranderlike veroorsaak, meet.

Experimental group (Eksperimentele groep): In ’n eksperiment, die groep wat behandeling ontvang of aan die aktiewe vlak van die onafhanklike veranderlike blootgestel word.

Experimenter expectancy effects (EEEs)(Proefnemer-verwagtingseffek): Subtiele en onbewustelike maniere van ʼn proefnemer om deelnemers aan ’n eksperiment op so ’n wyse te beïnvloed, dat die hipotese van die proefnemer bevestig word.

Explicit memory (Eksplisiete geheue): Bewustelike herroeping van herinneringe.

Explicit prejudice (Eksplisiete vooroordeel): Publieke openbaarmaking van vooroordeel, soos tydens gesprekke of die beantwoording van ’n vraelys.

Exposure therapies (Blootstellingsterapieë): Terapeutiese tegnieke wat ontwerp is om angsreaksies uit te wis deur kliente aan angswekkende prikkels of situasies bloot te stel terwyl ontsnapping of vermyding daarvan verhoed word.

Expressed emotion (Uitgedrukte Emosie): ’n Gesinsinteraksiepatroon wat kritiek, vyandigheid en oorbetrokkenheid insluit en geassosieer word met terugslae in skisofrenie pasiënte wat terugkeer huistoe na hospitalisasie.

Expressive behaviours (Ekspressiewe gedrag): Waarneembare gedrag wat met subjektief ervaarde emosies gepaard gaan.

External validity (Eksterne geldigheid): Die mate waartoe die resultate van ’n studie veralgemeen kan word na ander mense, omstandighede en kondisies.

Extinction (classical conditioning) (Uitwissing/uitdowing (Klassieke kondisionering)): Vind plaas wanneer ’n gekondisioneerde stimulus sonder die ongekondisioneerde stimulus aangebied word, wat veroorsaak dat die gekondisioneerde respons verswak totdat dit eindelik ophou om plaas te vind.

Extinction (operant conditioning) (Uitwissing/uitdowing (Operante kondisionering)): Sien operante uitwissing.

Extrinsic motivation (Ekstrinsieke motivering): Motivering om spesifieke gedrag uit te oefen ten einde eksterne belonings en versterkings soos geld, status, aandag en lof te ontvang.

<br>

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

F

Facial feedback hypothesis (Gesigsterugvoer hipotese): Hierdie hipotese beweer dat die somatiese terugvoer van die gesigspiere tot by die brein emosionele ervaring beïnvloed.

Factor analysis (Faktoranalise):’n Statistiese tegniek wat ʼn navorser toelaat om ʼn groot hoeveelheid meetbare veranderlikes na ʼn klein aantal groepe of faktore te reduseer; dit dui hoogs gekorreleerde groepe gedrag of toetsresultate aan.

Fantasy-prone personality (Fantasie-neigende persoonlikheid): Die neiging van party mense om baie van hulle wakkertyd in ʼn ryk fantasiewêreld, wat hulle self beheer, deur te bring.

Feature detectors (Eienskap verklikkers): Sensoriese neurons wat net op sekere eienskappe van ʼn stimulus, soos die vorm, kleur of die invalshoek, reageer.

Feminist therapy (Feministiese terapie):’n Oriëntasie wat op vrouens se uitgangspunte fokus om sodoende vroulike kliente te help om groter selfbeskikking te bereik

Foetal alcohol syndrome (FAS) (Fetale alkohol sindroom (FAS)): ’n Ernstige groep abnormaliteite wat die gevolg is van voorgeboortelike blootstelling aan alkohol.

Foetus (Fetus): ʼn Wetenskaplike term vir die voorgeboortelike organisme vanaf die negende week na bevrugting tot by geboorte.

Figure-ground relations (Figuuragtergrond verhoudinge): Perseptuele organisasie waar ʼn fokus-stimulus gesien word as ʼn figuur teenoor die agtergrond van ander stimuli.

Fixation (Fiksasie): ’n Staat van vertraagde ontwikkeling wat aan onopgelosde konflik gedurende ’n sekere, vroeëre psigoseksuele stadium toegeskryf kan word.

Fixed action pattern (Vaste handelingspatroon):’n Respons wat nooit aangeleer is nie, maar wat outomaties verwek word deur ʼn eenvoudige (sneller) stimulus.

Fixed-interval (FI) schedule (Vaste-interval skedule): ʼn Versterkingskedule waar die eerste respons van ʼn sekere soort versterk word na ʼn konstante tydsinterval (tussenpose).

Fixed-ratio (FR) schedule (Vaste-ratio skedule): ’n Versterkingskedule waarbinne versterking na ʼn konstante aantal response van ’n sekere soort aangebied word.

Flashbulb memories (Flitsgeheue): Die herroeping van herinneringe wat so helder en duidelik is, dat dit foto’s van oomblikke uit die verlede blyk te wees.

Fluid intelligence (gf) (Vloeibare intelligensie): Die vermoë om nuwe (oorspronklike) probleemoplossings-situasies te hanteer waarvoor persoonlike ondervinding nie ʼn oplossing verskaf nie (vergelyk met gekristalliseerde intelligensie).

Foot-in-the-door technique (Voet-in-die-deur-tegniek): ʼn Manipulasie-tegniek waar die oorreder daarin slaag om jou sover te kry om eers aan ʼn klein versoek te voldoen, met die doel om later ʼn groter versoek (die werklike versoek) te rig.

Forebrain (Voorbrein): Dit is die breinstrukture bokant die middelbrein en sluit die talamus, die hipotalamus, die limbiese sisteem en die serebrale hemisfere in; betrokke by hoer-orde sensoriese, motoriese en kognitiewe funksies.

Formal operational stage (Formeel-operasionele stadium): Volgens Piaget se teorie, die tydperk waar individue in staat is om logies en sistematies oor beide konkrete en abstrakte probleme te dink, om hipoteses te vorm en dit beredeneerd te evalueer.

Fovea (Fovea):’n Klein gedeelte (holte) in die retina waar die digtheid van kegeltjies die hoogste is en visuele skerpte die beste is.

Framing (Formulering): Die idee dat dieselfde inligting, probleme of keuses op verskillende maniere gestruktureer, voorgestel en beredeneer kan word.

Free association (Vrye assosiasie): In psigoanalise, die prosedure van verbalisering van alle gedagtes wat die bewussyn binnedring, sonder om dit te sensor.

Frequency (Frekwensie): In klank, die aantal individuele drukgolwe wat in een sekonde ʼn vaste punt bereik en verantwoordelik is vir die toonhoogte van ’n klank; die eenheid van frekwensie is die hertz (Hz), wat gelyk is aan een siklus per sekonde.

Frequency distribution (Frekwensieverdeling): Vir ’n stel data, ’n tabel wat aandui hoe gereeld elk van die waardes van ʼn sekere veranderlike voorkom.

Frequency theory of pitch perception (Frekwensieteorie van toonhoogte persepsie): Beweer dat die persepsie van toonhoogte korreleer met die frekwensie waarmee die hele basilêre membraan vibreer en impulse deur die haarselle na die brein gestuur word; hierdie teorie is akkuraat by lae frekwensies.

Fully functioning persons (Volkome funksionerende persoon): Rogers se term vir mense wat selfgeaktualiseerd is, verlos is van onrealistiese voorwaardes van menswaardigheid, wat kongruensie, spontaniteit en kreatiwiteit uitleef en die behoefte openbaar om steeds verder te ontwikkel.

Functional fixedness (Funksionele fiksering): ʼn Verskynsel wat dikwels voorkom in probleemoplossingstake waar die gebruiklike aanwending van ʼn objek steurend is vir sy toepassing in nuwe situasies.

Functionalism (Funksionalisme):’n Vroeëre rigting van Amerikaanse sielkunde wat fokus op die funksies van bewustheid en gedrag om organismes te help om by hulle omgewing aan te pas en hulle behoeftes te bevredig.

Functional MRI (fMRI) (Funksionele Magnetiese resonansie beeldvorming (fMRB)):’n Breinskanderingsprosedure waar foto’s van bloedvloei in die brein, minder as ’n sekonde uit mekaar, geneem word.

Fundamental attribution error (Fundamentele attribusiefout): Die neiging om die impak van die situasie te onderskat en die rol van persoonlikefaktore te oorskat, wanneer ander mense se gedrag verduidelik word.

Fundamental emotional patterns (Fundamentele emosionele patrone): Emosionele responspatrone wat oënskynlik aangebore is.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

G

Gate control theory (Toegang-beheerteorie): ’n Teorie wat beweer dat ’n toegangsmeganisme in die spinale koord en brein bestaan wat die vloei van pynimpulse kan beheer en derhalwe die belewenis van pyn kan verminder of vermeerder.

Gender constancy (Geslagskonstandheid): Om te verstaan dat om manlik of vroulik te wees, ʼn permanente deel van ʼn persoon is.

Gender identity (Geslagsidentiteit): Die bewustheid van “manlikheid” of “vroulikheid” wat ’n integrale deel van ʼn persoon se identiteit uitmaak.

Gender (Geslag): Die georganiseerde gedagtestrukture wat ons begrip van die kenmerke en gedragspatrone as toepaslik of tipies van lede van die manlike en vroulike geslag gereken word.

General adaptation syndrome (GAS) (Algemene aanpassingsindroom): Selye se beskrywing van die liggaam se reaksies op ’n stressor, wat in opeenvolgende fases van ’n alarmreaksie, die weerstandsfase en uitputtingsfase verdeel word.
 
Generalized anxiety disorder (Veralgemeende angsversteuring): ’n Chroniese staat van diffuse, of “vry vloeiende”, angs wat nie aan spesifieke situasies of voorwerpe toegeskryf kan word nie.

Generativity (Generatiwiteit): Die beginsel dat, in enige gegewe taal, simbole op so ʼn manier saamgestel kan word dat dit ʼn oneindige hoeveelheid boodskappe, met oorspronklike betekenisse, kan genereer.

Genes (Gene): Die biologiese eenhede van erflikheidseienskappe wat in die chromosome geleë is.

Genotype (Genotipe): Die spesifieke genetiese samestelling van die individu, wat in die waargenome fenotipe uitgedruk kan word, al dan nie.

Genuineness (Egtheid/opregtheid): Die vermoë van ʼn terapeut om op ʼn eerlike en opregte wyse sy of haar gevoelens met ʼn kliënt te deel.

Gestalt laws of perceptual organization (Gestalt-wette van waarnemingsorganisasie): Die neiging dat mense stimuli groepeer en interpreteer na aanleiding van die wette van goeie voortsetting, sluiting, gelyksoortigheid, nabyheid en gelyktydige beweging.

Gestalt psychology (Gestaltpsigologie):’n Duitse sielkundige beweging wat die natuurlike organisasie van waargenome elemente in geheelbeelde of patrone sowel as die rol van insig in probleemoplossing beklemtoon.

G factor (G-Faktor): ʼn Algemene intellektuele kapasiteit wat die basis vorm vir meer spesifieke intellektuele vermoëns.

Glucose (Glukose):’n Eenvoudige suiker wat vir die liggaam (veral die brein) die hoofbron van beskikbare brandstof is.

Graded potential (Gegradeerde potensiaal): ʼn Verandering in die elektriese potensiaal van ʼn neuron wat proporsioneel is tot die intensiteit van die inkomende stimulasie, maar nie voldoende is om aksie potensiaal te ontsluit nie.

Grammar (Grammatika): Dit is die stel reëls, in enige gegewe taal, wat aandui op watter wyse simbole gekombineer kan word om betekenisvolle eenhede van kommunikasie te skep.

Group polarization (Groepspolarisasie): Wanneer ’n groep, wat eensgesind is, ʼn bespreking hou oor ʼn geskilpunt, is die “gemiddelde” opinie van die groep gewoonlik meer oordrewe.

Groupthink (Groepdink): Die neiging van groepslede om nie krities te dink nie, omdat hulle gemotiveerd is om met mekaar saam te stem.

Gustation (Smaaksin): Die gewaarwording van smaak.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

H

Habituation (Gewoontevorming): Die afname in die sterkte van ʼn respons as gevolg van die herhaalde aanbieding van ʼn stimulus.

Hallucinations (Hallusinasies): Valse sensoriese persepsies met ʼn oortuigende realiteitsgelykenis.

Hallucinogens (Hallusinogene middels): Verdowingsmiddels, soos LSD en PCP, wat sensoriese belewenisse verwring of versterk, hallusinasies ontlok en die distorsie van denkprosesse veroorsaak.

Harm reduction (Skade beperking): ’n Voorkomingsstrategie wat ontwikkel is om nie noodwendig ʼn probleem te elimineer nie, maar eerder om die nadelige gevolge van die probleem te verminder.

Health psychology (Gesondheidsielkunde): Die studie van sielkundige en gedragsfaktore wat ’n rol speel in die voorkoming en behandeling van siektes en die bevordering van gesondheid.

Hering's opponent-process theory (Hering se opponente-proses teorie): Die kleurvisieteorie vermeld dat die retina drie stelle kleurreseptors bevat, wat onderskeidelik verskillend reageer op rooi-groen, blou-geel en swart-wit; die opponente prosesse wat so ontstaan, kan die persepsie van enige tint toelaat.

Heritability coefficient (Erfbaarheidskoeffisiënt):’n Numeriese skatting van die persentasie van die groepsveranderlikheid van ʼn spesifieke karaktereienskap, wat toegeskryf kan word aan genetiese faktore.

Hertz (Hz) (Hertz): Die meting van klankgolffrekwensie in siklusse per sekonde.

Heuristics (Heuristiek):’n Praktiese metode van probleemoplossing wat deur vinnige en eenvoudige soekprosedures gekenmerk word.

Higher-order conditioning (Hoërorde kondisionering): In klassieke kondisionering, ʼn neutrale stimulus word ʼn gekondisioneerde stimulus nadat dit gekoppel word aan ʼn ander gekondisioneerde stimulus (eerder as met die oorspronklike ongekondisioneerde stimulus).

Hindbrain (Agterbrein): Die gedeelte van die brein, direk bo die ruggraat geleë, wat die serebellum en die breinstam huisves.

Hippocampus (Hippokampus):’n Struktuur van die limbiese sisteem wat ʼn sleutelrol speel in die vorming en die berging van geheue.

Histogram (Histogram): ’n Grafiese voorstelling van ’n frekwensieverdeling.

Homeostasis (Homeostase): Die handhawing van biologiese ekwilibrium of balans in die liggaam.

Hormones (Hormone): ’n Chemiese stof wat hoofsaaklik deur die endokriene kliere afgeskei word, via die bloedstroom beweeg en sodoende organe, psigologiese funksionering en ontwikkeling beïnvloed.

Humanistic perspective (humanism) (Humanistiese perspektief (Humanisme)): ’n Sielkundige perspektief wat persoonlike vryheid, keuse en selfaktualisering benadruk.

Hypnosis (Hipnose):’n Gewysigde bewussynstoestand waarin sommige mense verbeelde situasies kan ervaar, asof dit die werklikheid is.

Hypnotic susceptibility scale (Hipnotiese-vatbaarheidskaal): ’n Stel van induksie prosedures en toetsvrae wat navorsers in staat stel om ʼn persoon se vatbaarheid vir hipnotiese suggesties te meet.

Hypochondriasis (Hipochondriase): ’n Somatoforme versteuring wat gekenmerk word deur ’n oordrewe reaksie op fisiese simptome en ʼn oortuiging dat die persoon ʼn ernstige siekte onder lede het.

Hypothalamus (Hipotalamus): ’n Voorbrein struktuur, onder die talamus en bo die pituïtêre klier geleë, wat outonome en hormonale prosesse beheer en ’n sleutelrol in baie aspekte van motivering en emosionele gedrag speel.

Hypothesis (Hipotese): ’n Tentatiewe aanname, of ʼn voorlopige aanvaarde verklaring, van die verband tussen twee of meer veranderlikes, wat deur eksperimentering of deur waarneming getoets gaan word.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

I

Id (Id): ʼn Aspek van Freud se drie-ledige-persoonlikheidsteorie; die primitiewe, onbewuste deel van die persoonlikheid wat die bevrediging van drange eis.

Illusions (Illusies): Waarnemingsfoute wat op valse perseptuele hipoteses gebaseer is, gewoonlik as gevolg van konstandhede wat nie op die betrokke stimuli van toepassing is nie.

Imaginal thought (Verbeeldingryke denke): ʼn Vorm van denke waar beelde uit enige sintuig-modaliteit gebruik word.

Implicit memory (Implisiete geheue): Wanneer geheue ons gedrag beïnvloed sonder bewustelike waarneming daarvan.

Implicit prejudice (Implisiete vooroordeel): Vooroordeel wat verskuil is van die openbare oog, met opset of omdat die persoon nie bewus is van sy eie vooroordeel nie.

Imprinting (Inprenting): ’n Skielike, biologies gebaseerde vorm van binding wat in sommige spesies waargeneem kan word.

Inattentional blindness (Onoplettende blindheid): Die onvermoë van stimuli waaraan daar nie aandag gegee word nie, om in die bewussyn te registreer.

Incentive (Aansporing): ’n Omgewingstimulus of toestand wat gedrag motiveer.

Incremental theorist (Inkrementele teoretikus): ’n Individu wat glo dat die karaktereienskappe veranderbaar, eerder as gefikseerd, is.

Incubation (Inkubasie): ’n Fenomeen wat voorkom wanneer die oplossing vir ’n probleem skielik na vore kom, na daar vir ’n tydperk nie daaraan aandag gegee is nie.

Independent variable (Onafhanklike veranderlike): In ’n eksperiment, die faktor wat deur die navorser gemanipuleer word.

Individualism (Individualisme): ʼn Kulturele oriëntasie, kenmerkend aan baie Westerse nasies, waar die prestasies van die individu belangriker geag word as die doelstellings van die groep; die identiteit word hoofsaaklik op ’n persoon se eie kenmerke en prestasies gebaseer (vergelyk met kollektiwisme).

Inductive reasoning (Induktiewe redenering): Redenering wat vorder vanuit ʼn stel van spesifieke feite na ʼn algemene gevolgtrekking of beginsel.

Indulgent parents (Toegeeflike/ Inskiklike ouers): Versorgers wat ʼn warm en omgee-verhouding met hulle kinders het, maar nie aan hulle die nodige leiding en dissipline verskaf nie.

Infantile amnesia (Infantiele amnesie): Die onvermoë om persoonlike ervarings uit die eerste paar lewensjare te herroep.

Inferential statistics (Inferensiële statistiek): Waarskynlikheidsgebaseerde statistiek wat aandui tot hoe ʼn mate ons bevindinge in ’n steekproef kan vertrou om afleidings of gevolgtrekkings aangaande ’n populasie aan te dui.

Informational social influence (Informatiewe sosiale invloed): Wanneer die opinies en gedrag van ander mense na gevolg word, omdat ons glo dat hulle kennis akkuraat is en dat wat hulle doen die “regte” ding is.

Informed consent (Ingeligte toestemming): Die beginsel dat, voor ʼn persoon toestem om deel te neem aan navorsing, hy/sy ten volle aangaande prosedures, voordele, betrokke risiko’s, die reg om ter enige tyd te sonder benadeling te onttrek en sake van vertroulikheid en privaatheid, ingelig moet word.

Insanity defence (Waansinnigheidsverweer): In die VSA, ʼn regsbesluit dat die beskuldigde so ernstig ontoereikend was tydens die misdaad, dat hy/sy nie daartoe in staat was om die oortreding as verkeerd te beskou of om sy/haar eie gedrag te beheer nie.

Insight (Insig): In gestaltpsigologie, die oplossing van ’n probleem wat in die vorm van ʼn skielike en soms onverwagte ingewing opduik; in psigoanalise, die bewuswording van onbewuste dinamiek onderliggend aan psigologiese probleme.

Insomnia (Slaaploosheid): ʼn Chroniese onvermoë om aan die slaap te raak of om aan die slaap te bly of om rustige slaap te ervaar.

Instinct (Instink): ’n Oorgeërfde eienskap, algemeen by alle lede van ’n betrokke spesie, wat outomaties ’n spesifieke respons ontlok, wanneer die organisme aan ’n spesifieke stimulus blootgestel word.

Instinctive drift (Instinktiewe neiging): Die geneigdheid van instinktiewe gedrag om ’n kondisionerende prosedure te oorheers, wat dit moeilik maak om ’n gekondisioneerde respons te skep of te laat voortduur.

Instrumental behaviours (Instrumentele gedrag): Gedrag wat direk toegespits is daarop om ʼn spesifieke doel te bereik of om spesifieke take te verrig.

Intelligence (Intelligensie): Die vermoë om kennis te verwerf, om te dink en effektief te redeneer en om en effektief by nuwe omstandighede of situasies aan te pas.

Intelligence quotient (IQ) (Intelligensiekwosiënt (IK)): Oorspronklik bereken deur verstandsouderdom deur chronologiese ouderdom te deel en met 100 te vermenigvuldig (VO/CO*100); ’n IK van 100 dui daarop dat ’n individu gemiddeld is in sy/haar ouderdomsgroep. IK-tellings word deesdae gebaseer op verkrygde norms vir mense van verkillende ouderdomme.

Inter-rater or inter-judge reliability (Inter-beoordeelaar betroubaarheid): Die mate waartoe verskillende observeerders of nasieners soortgelyke resultate verkry, as die meetings op ʼn soortgelyke wyse herhaal word.

Internal consistency (Interne konsekwentheid): Die mate waartoe items in ’n sielkundige toets met mekaar korreleer, wat aandui dat ʼn soortgelyke karaktereienskap gemeet word.

Internal-external locus of control (Interne-eksterne lokus-van-kontrole): Rotter se teorie, ’n veralgemeende verwagting dat uitkomste direk van persoonlike faktore (intern) of omgewingsfaktore (ekstern) afhang.

Internal validity (Interne geldigheid): Die mate waarin ʼn meetinstrument, bv. ʼn psigologiese toets, meet wat dit veronderstel is om te meet; interne geldigheid is hoog wanneer daar nie verwarring van veranderlikes is nie.

Interneurons (Interneurone): Hierdie neurons is nie sensories of motories van aard nie, maar lewer integrerende of assosiatiewe funksies in die senuweestelsel.

Interpersonal therapy (Interpersoonlike terapie): ʼn Vorm van bondige terapie waar daar op die kliënt se interpersoonlike probleme gefokus word en gepoog word om nuwe interpersoonlike vaardighede te ontwikkel.

Interpretation (in psychoanalysis) (Interpretasie (in psigoanalise)): ’n Stelling wat deur die analis gemaak word met die doel om insig by die kliënt te bevorder.

Intrinsic motivation (Intrinsieke motivering): Die motivering om ʼn taak uit te voer eenvoudig omdat jy dit as interessant of genotvol beleef.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

J

James-Lange theory (James-Lange-teorie): ’n Teorie van emosie wat voorstel dat emosionele ervaring gebaseer is op ’n persoon se persepsie van sy/haar fisiologiese reaksies.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

K

Kin selection (Verwantskap seleksie): Die siening dat organismes meer geneig is om ander, met wie hulle die meeste gene deel – m.a.w. hulle nageslag en genetiese verwante, te help.

Kinesthesis (Kinestese): Die sintuiglike modaliteit wat terugvoer verskaf oor die posisie en bewegings van ons liggaamsdele.

Knowledge-acquisition components (Kennis-verwerwingskomponente): In Sternberg se drieledige model van intelligensie, die verstandelike vermoëns wat ons toelaat om uit vorige ervaringe te leer, inligting in ons geheue te berg en om nuwe insigte met vorige verwerfde inligting te kombineer.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

L

Language (Taal): ʼn Sisteem van simbole en reëls wat, wanneer dit gekombineer word, ʼn eindelose aantal moontlikhede van boodskappe en betekenisse kan produseer.

Language acquisition device (LAD) (Taal-verwerwingstoestel): In Chomsky se teorie, ʼn aangebore, biologies-gefundeerde meganisme wat die aanleer van taal bevorder.

Language acquisition support system (LASS)(Taal-verwerwingondersteuningstelsel): Die sosiale leergeleenthede wat betrokke is by die aanleer van ʼn taal.

Latent learning (Latente leer): Die verskynsel dat ʼn respons geleer kan word sonder dat dit versterk word, sodat dit, wanneer dit uiteindelik vir die eerste maal versterk word, reeds bemeester is.

Lateralization(Lateraliteit): Die mate van lokalisasie van ’n funksie in die linker of regter serebrale hemisfeer.

Law of effect (Wet van effek): Thorndike se konsep dat ʼn respons wat deur bevredigende resultate gevolg word, meer geneigd is om weer voor te kom, terwyl ’n respons wat deur nie-bevredigende resultate gevolg word, nie geredelik sal voorkom nie.

Learned helplessness theory (Aangeleerde hulpeloosheidsteorie): ʼn Teorie by depressie wat handhaaf dat wanneer mense nie daartoe in staat is om gebeure in hulle lewens te beheer nie, hulle ʼn staat van hulpeloosheid ontwikkel wat tot depressiewe simptome lei.

Learning (Leer): ’n Term wat dui op die relatief blywende veranderinge in ’n organisme se gedrag of prestasie moontlikhede, wat as gevolg van ervaring plaasvind.

Lens (Lens): Die deurskynende struktuur agter die pupil, wat van vorm verander om sodoende beelde op die retina te fokus.

Leptin (Leptin): ’n Hormoon wat uitgeskei word deur vetselle en algemene aptyt verminder.

Levels of processing (Prosesseringspeil): Die konsep wat voorstel dat hoe deegliker inligting geprosesseer word, hoe beter dit onthou sal word.

Limbic system (Limbiese stelsel): ʼn Diffuse sisteem van sub-kortikale breinstrukture, wat ondermeer bestaan uit die hippocampus, hipotalamus, amigdala en septum en betrokke is by doelgerigte en emosionele gedrag.

Linguistic relativity hypothesis (Linguistiese-relatiwiteitshipotese): Die idee, voorgestel deur Whorf, dat die taal wat mense praat, die wyse waarop hulle die wêreld waarneem en daaroor dink beïnvloed.

Longitudinal design (Longitudinale ontwerp): ʼn Navorsingsbenadering waar dieselfde mense herhaaldelik getoets word soos wat hulle ouer word.

Long-term memory (Langtermyngeheue): Ons wye databasis van meer bestendige herinneringe.

Long-term potentiation (Langtermyn potensiasie): Die volgehoue toename in sinaptiese sterkte wat voorkom nadat die neuralebaan vinnig gestimuleer is.

Lowballing (Lae-hou tegniek): ’n Manipulasie tegniek waar die oorreder jou sover kry om jouself te verbind aan ’n aksie en dan, voordat jy die aksie uitvoer, verhoog hulle die “koste” van dieselfde aksie.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

M

Magnetic resonance imaging (MRI) (Magnetiese resonansie beeldvorming (MRB)): ’n Breinskanderingsprosedure wat ʼn hoogs gedetailleerde beeld van lewende weefsel lewer, gebaseer op die weefsel se respons op ʼn magnetiese veld; kan gebruik word om beide die struktuur en, in die geval van ʼn funksionele MRB (fMRB), breinfunksies waar te neem terwyl dit plaasvind.

Maintenance rehearsal (Onderhoudsrepetisie): Die eenvoudige, papegaaiagtige herhaling van inligting.

Major depression(Major-depressie):’n Gemoedsversteuring, gekenmerk deur intense depressie wat die funksionering van die persoon beduidend affekteer.

Mania (Manie): ʼn Staat van intense emosionele – en gedragsopgewektheid, waartydens ʼn persoon uiters optimisties en energiek voel.

Mastery-approach goals (Bemeestering-naderingsdoelwitte): Doelwitte wat verband hou met die bemeestering van ʼn taak en die aanleer van nuwe kennis en vaardighede.

Mastery-avoidance goals (Bemeestering-vermydingsdoelwitte): Doelwitte wat die vrees reflekteer om nie volgens jou eie standaarde te presteer nie.

Mastery goals (Bemeesteringsdoelwitte): Prestasiedoelstellings wat op die begeerte om ʼn taak te bemeester en nuwe kennis en vaardighede aan te leer fokus.

Matching effect (Passsingseffek): In romantiese verhoudings, die geneigdheid van die paartjie om dieselfde vlak van fisiese aantreklikheid te handhaaf.

Maturation (Ryping): ’n Geneties-geprogrammeerde, biologiese proses wat groei beheer.

Mean (Gemiddeld): ’n Statistiese waarde wat die rekenkundige gemiddeld van ’n groep tellings verteenwoordig.

Means-ends analysis (Middel-einddoel analise): ’n Heuristiese probleemoplossingsontwerp waarin mense eerstens ’n doel wat hulle graag wil bereik (einddoel) identifiseer, dit dan vergelyk met die huidige stand van hulle kennis en, as daar ’n verskil is, die hulpmiddels probeer vind wat hulle in staat sou stel om die verskil te verminder.

Measures of central tendency (Sentrale waardes): Enige statistiese waarde wat die verspreiding in ʼn datastel in terme van ’n enkele getal voorstel, en in ’n sekere mate verteenwoordigend is van die ‘tipiese’ verspreiding.

Measures of variability (Verspreidingsmaatstawwe): Statistiese waardes wat inligting oor die verdeling van tellings in ’n datastel verskaf.

Median (Mediaan): In ’n datastel, die punt wat die verspreiding in die helfte verdeel, wanneer die individuele tellings van laagste na hoogste gerangskik word.

Medulla (Medulla): ’n Breinstamstruktuur wat die lewensbelangrike funksies, soos die hartklop en asemhaling, beheer

Melatonin (Melatonien): ʼn Hormoon, deur die epifise afgeskei, wat ʼn kalmerende effek op die liggaam het en wat die gereedheid vir slaap bevorder.

Memory (Geheue): Die vermoë van die liggaam om gebeurtenisse en inligting te onthou, te stoor en dit weer te herroep.

Memory codes (Geheue kodes): Verstandelike voorstellings van sekere tipes inligting of stimuli.

Memory consolidation (Geheue konsolidasie): Die skepping en samestelling van neurale kodes wat die oordrag van inligting vanaf die werkende geheue na die langtermyn geheue teweegbring.

Menstrual synchrony (Menstruele sinchronisasie): Die geneigdheid van sekere vrouens wat saamwoon of hegte vriende is om na ʼn geruime tyd eenders te word wat die regulering van hulle menstruele siklusse betref.

Mental image (Gedagtebeeld): ’n Kognitiewe voorstelling van ʼn voorwerp of ʼn situasie, wat nie op daardie tydstip sintuiglik waarneembaar is nie.

Mental representations (Verstandelike voorstellings): Kognitiewe verteenwoordigings van die wêreld, waarby beelde, idees, konsepte en beginsels ingesluit is en wat die fondasie vir denke en probleemoplossing vorm.

Mental set (Gedagtesingesteldheid): Die neiging om vas te hou aan probleemoplossingstrategieë of oplossings wat in die verlede gewerk het.

Mere exposure effect (Blootstellingseffek): Die neiging om ʼn stimulus in ’n meer gunstige lig te beskou, na herhaaldelike blootstelling daaraan.

Meta-analysis (Meta-analise): ’n Statisties prosedure wat die resultate van verskillende studies wat dieselfde onderwerp ondersoek kombineer.

Metabolism (Metabolisme): Die tempo van energie besteding deur die liggaam.

Metacognition (Metakognisie): Die bewustheid en begrip van jou eie kognitiewe vaardighede.

Metacomponents (Metakomponente): In Sternberg se drieledige model van intelligensie, die hoer-orde intellektuele vaardighede wat gebruik word by die beplanning en regulasie van taakprestasie.

Method of loci (Eselsbrug): ’n Geheuehulpmiddel waarby brokkies inligting (bv. items op ’n lys) geassosieer word met ʼn gedagtebeeld van ’n verskillende fisiese ligging (lokaliteit).

Midbrain (Midbrein): Breinstrukture bo die agterbrein wat betrokke is by sensoriese en motoriese funksies, aandag en bewussyn.

Mind-body dualism (Gees-liggaam dualisme (psigofisiese dualisme)): Die filosofiese benadering dat die psige ʼn nie-fisiese entiteit is, wat nie onderwerp is aan fisiese wette nie en daarom nie gereduseer kan word na fisiese prosesse nie; die liggaam en die psige is twee aparte entiteite.

Minnesota Multiphasic Personality Inventory-2 (MMPI-2) (Minnesota Multifasige Persoonlikheidsinventaris-2 (MMPI-2)): ’n Algemeen gebruikte persoonlikheidstoets waarvan die items ontwikkel is met behulp van die empiriese benadering, waar verskillende soorte psigiatriese pasiënte met ʼn nie-psigiatriese steekproef vergelyk is.

Misinformation effect (Misinformasie-effek): Die distorsie van ’n herinnering wat deur misleidende inligting, wat na die voorval gegee is, veroorsaak word.

Mnemonic device (Mnemoniese-tegniek (geheue rympie)): ʼn Strategie of tegniek wat mens help onthou.

Mnemonist (memorist) (Mnemonis): ʼn Persoon wat oor uitsonderlike geheue vaardighede beskik.

Mode (Modus): ’n Statistiese waarde wat die telling in ’n datastel, wat die meeste voorkom, verteenwoordig.

Monism (Monisme): ʼn Filosofiese standpunt dat verstandelike gebeure verskraal kan word tot fisiese gebeure in die brein, sodat die verstand en die liggaam as een en dieselfde beskou word.

Monocular depth cues (Monokulêre diepte-wenke): Diepte-wenke wat slegs een oog vereis; dit sluit die volgende in: liniêre perspektief, dalende grootte, hoogte op die horisontale vlak, tekstuur, duidelikheid, lig en skadu, bewegingsparallaks en interposisie.

Mood-congruent recall (Gemoedskongruente herroeping): Die neiging om inligting of gebeure wat met ons huidige gemoedstoestand ooreenstem te herroep.

Mood disorders (Gemoedsversteurings): Psigologiese versteurings waarvan die kern kondisies wanaangepaste gemoedstoestande behels, soos depressie of manie.

Morphemes (Morfeem): Die kleinste betekeniseenheid in ʼn gegewe taal; Engelse morfeme sluit volledige woorde, voorvoegsels en agtervoegsels in. Daar is meer as 100,000 Engelse morfeme.

Motivation (Motivering): Die proses wat die rigting, volharding en groeikrag van doelgerigte gedrag beïnvloed.

Motivational climate (Motiveringsklimaat): Die prestasie konteks wat deur volwassenes geskep word. In ’n klimaat waarby die ego betrokke is, word presteerders met mekaar vergelyk en aangespoor om die beste te wees – diegene wat die beste presteer kry spesiale aandag. In ’n klimaat waarby bemeestering betrokke is, word inspanning, genot van die aktiwiteit en persoonlike verbetering beklemtoon en beloon.

Motivational interviewing (Motiveringsonderhoudvoering): ʼn Behandelingsbenadering wat konfrontasie vermy, die kliënt lei om self die probleem te besef en hulle motivering om te verander verhoog.

Motor cortex (Motoriese korteks): Die kortikale area in die agterste gedeelte van die frontale lobbe wat willekeurige bewegings, aan die teenoorgestelde kante van die liggaam, beheer.

Motoric thought (Motoriese gedagte): Die verstandelike voorstellings van motoriese bewegings, soos bv. om ʼn voorwerp te gooi.

Motor neurons (Motor neurons): Gespesialiseerde neurons wat senuwee-impulse vanaf die sentrale senuweestelsel na die spiere en kliere gelei.

Multimodal treatments (Multimodale behandelings): Substansiemisbruik intervensie wat ʼn aantal behandelings kombineer, soos bv. aversie-terapie en die aanleer van coping-vaardighede.

Myelin sheath (Miëlienskede): ’n Vetterige, isolerende stof wat ʼn skede om die akson van sekere neurons vorm en die spoed van neurale oordrag verhoog.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

N

Narcolepsy (Narkolepsie): ’n Slaapversteuring wat gekenmerk word aan ʼn periodieke onweerstaanbare begeerte om te slaap en skielike ongekontroleerde aanvalle van slaap gedurende die dag (wakker tyd).

Naturalistic observation (Naturalistiese waarneming): Dit is ʼn metode waar die navorser gedrag van organismes, in ʼn natuurlike opset waarneem en probeer om te verhoed dat die deelnemers wat waargeneem word, op enige wyse beïnvloed word.

Natural selection (Natuurlike seleksie): Die evolusionêre proses waar die karaktereienskappe wat die moontlikheid van oorlewing en reproduksie kan bevorder, bewaar word in die gene-poel en daardeur met verloop van tyd, toeneem in die spesie.

Need for achievement (Prestasiebehoefte): Die begeerte om take te bemeester en om voortreflikheid en uitmuntendheid te bereik.

Need for positive self-regard (Positiewe selfagtingsbehoefte): In Rogers se persoonlikheidsteorie, die sielkundige behoefte, om positief oor jouself te voel, onderliggend aan die gedrag van selfverwesenliking.

Negative correlation (Negatiewe korrelasie): Dit is die verhouding tussen twee veranderlikes, waar die hoër telling van die een veranderlike geassosieer word met die laer telling van die ander veranderlike.

Negative reinforcement (Negatiewe versterking): Dit is die proses waarby ʼn respons versterk word deur die daaropvolgende verwydering van ʼn aversiewe stimulus.

Negative symptoms (Negatiewe simptome): Skisofreniese simptome wat die afwesigheid van normale reaksies, soos emosies, spraak of sosiale gedrag weerspieël.

Neglectful parents (Verwaarlosende ouers): Versorgers wat nie warmte of reëls en leiding verskaf nie.

Neoanalytic theorists (Neo-analitiese teoretici): Voormalige aanhangers van Freud, soos Adler en Jung, wie hulle eie psigodinamiese teorieë ontwikkel het, en oor die algemeen die klem vanaf psigoseksuele faktore na sosiale faktore en egofunksionering verskuif het.

NEO-PI (NEO-PI): ʼn Objektiewe persoonlikheidsvraelys wat die Groot Vyf persoonlikheidstrekke meet.

Nerve deafness (Senuweedoofheid): Gehoorverlies veroorsaak deur beskadiging van die reseptors in die cochlea of die gehoorsenuwees.

Neural network (connectionist) model (Neurale netwerk model): Stel dat elke konsep wat in die geheue gestoor is, deur ʼn unieke patroon van verspreide en gelyktydig geaktiveerde nodules beskik, wat inligting ewewydig verwerk; ook bekend as die Eweredigverspreide prosesseringsmodel.

Neural plasticity (Neurale plastisiteit): Die vermoë van neurons om hulle struktuur en funksie aan te pas na aanleiding van ervaringsfaktore of as gevolg van ’n besering.

Neural stem cells (Neurale stamselle): Onvolwasse stamselle wat nog nie toegeken is aan ’n spesifieke funksie nie en die potensiaal het om in enige tipe neuron of neuroglia te ontwikkel soos deur die brein benodig.

Neurogenesis (Neurogenese): Die produksie van nuwe neurons in die senuweestelsel, soms met die doel om neurons te vervang wat afgesterf het of beskadig is.

Neuromodulators (Neurale-modulators): Enige substans wat die aktiwiteite van die post-sinaptiese neuron wysig.

Neurons (Neurons): Senuweeselle, wat die basiese strukturele en funksionele eenhede van die senuweestelsel vorm.

Neurotic anxiety (Neurotiese angs): In psigoanalise, ʼn staat van angstigheid wat ontstaan wanneer impulse van die id dreig om deur te breek na die bewussyn of in gedrag na vore te kom.

Neurotransmitters (Neuro-oordragstowwe): Chemiese stowwe, wat deur die akson van ’n neuron vrygestel word, oor die sinaptiese spleet beweeg en dan bind aan uniek-gepaarde reseptors in ’n ander neuron, waar ’n chemiese reaksie plaasvind wat óf prikkelend óf inhibeerend van aard is.

Night terrors (Nagtelike-angs): ’n Versteuring waar ʼn slapende persoon, wakker word in ’n bykans paniekerige staat, dikwels gepaardgaande met sterk gevoelens van afgryse of gevaar.

Normal curve (Normale kurwe): ’n Simmetriese, klokvormige kurwe wat die teoretiese verspreiding van die tellings in die populasie voorstel.

Normal distribution (Normaalverspreiding): ’n Frekwensie-distribusie in die vorm van ʼn simmetriese of klokvormige kurwe wat aan sekere wiskundige voorwaardes voldoen, wat afgelei is van die teorie van waarskynlikheid.

Normative social influence (Normatiewe sosiale invloed): Inskiklikheid gemotiveer deur die verkryging van sosiale aanvaarding en die vermyding van sosiale verwerping.

Norm of reciprocity (Vergeldingsnorm): Die neiging om op ʼn soortgelyke wyse te reageer wanneer ander mense ons goed of sleg behandel.

Norms (cultural or group) (Norms (kultureel of groep)): Reëls (dikwels ongeskrewe) wat spesifiseer watter gedrag aanvaarbaar is of verwag word van lede van ʼn spesifieke kultuur of groep.

Norms (test) (Norms (toets)): Toetstellings wat verkry is van ’n toepaslike steekproef en gebruik word om individuele tellings te evalueer.

Null hypothesis (Nulhipotese): Die hipotese dat enige waargenome verskille tussen steekproewe op die betrokke veranderlike, bloot die gevolg is van toeval (bv. In ’n eksperiment, die hipotese dat die onafhanklike veranderlike geen effek op die afhanklike veranderlike het nie).

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

O

Object permanence (Objek permanensie): Die erkenning dat ʼn objek bly voortbestaan selfs wanneer dit nie meer gesien kan word nie.

Object relations theories (Objekrelasieteorieë): Die beskouing dat mense beelde of verstandelike voorstellings van hulle self en ander mense vorm na gelang van vroeë ervarings met versorgers.

Observational learning (Waarnemingsleer): Leer deur middel van waarneming van die gedrag van ʼn model.

Obsession (Obsessie): ’n Ongewensde en ontstellende idee of beeld wat die bewuste binnedring en uiters moeilik is om te beheer.

Oedipus complex (Oedipus-kompleks): Die teorie dat ʼn manlike kind erotiese gevoelens teenoor sy ma ervaar, haar seksueel begeer en sy vader as ʼn teenstander te sien.

Olfaction (Reuksin): Die gewaarwording van reuk.

Olfactory bulb (Olfaktoriese bol): ’n Struktuur in die voorbrein wat terugvoer vanaf die reseptore vir die waarneming van reuk ontvang.

Openness (Openheid): In psigoterapie, verwys dit na die kliënt se gewilligheid om persoonlik betrokke te raak in die proses van terapie, wat gunstige terapeutiese uitkomste voorspel.

Operant conditioning (Operante kondisionering): ʼn Vorm van leer, waarin gedrag aangepas word, as gevolg van die gevolge, soos bv. beloning of straf.

Operant discrimination (Operante diskriminasie): ʼn Operante respons wat slegs voorkom wanneer ʼn spesifieke voorafgaande stimulus aanwesig is en nie by die aanwesigheid van enige ander voorafgaande stimulus voorkom nie.

Operant extinction (Operante uitwissing): Vind plaas wanneer die versterking, van ’n reeds versterkte stimulus, afwesig is en veroorsaak dat die respons verswak en uiteindelik verdwyn.

Operant generalization (Operante veralgemening): Kom voor wanneer ’n nuwe voorafgaande stimulus, wat soortgelyk is aan die oorspronklike voorafgaande stimulus is, ’n operante respons laat plaasvind.

Operational definition (Operasionele definisie): Om ʼn konsep of ʼn veranderlike te definieer in terme van die spesifieke prosedures wat gebruik word om die konsep voort te bring of te meet.

Opiates (Opiate): ’n Kategorie van verdowingsmiddels wat bestaan uit opium en dwelms wat daaruit afkomstig is soos morfien, kodeïn en heroïen.

Optic nerve (Optiese senuwee): ’n Bondel senuweeknoopvesels wat inligting vanaf die visuele reseptore na die visuele area van die talamus vervoer.

Organ of Corti (Orgaan van Corti): Strukture wat binne-in die basilêre membraan geleë is en die haarselreseptore vir klank huisves.

Outcome bias (Uitkomspartydigheid): Vind plaas wanneer ’n intelligensietoets-telling ’n persone se ware intellektuele vermoë onderskat.

Overconfidence (Astrantheid): ʼn Volgehoue geneigdheid om jou eie kennis en voorspelbare vermoë te oorskat.

Overlearning (Oorleer): Voortgesette repetisie, verby die punt van aanvanklike leer, waar prestasie in geheue-take aansienlik verbeter.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

P

Pain disorder (Pynversteuring): ʼn Somatoforme versteuring waar die persoon se klagtes rakende pyn, nie ooreenstem in terme van die graad van die fisiese besering nie.

Panic disorder (Paniekversteuring): ’n Angsversteuring wat gekenmerk word deur onvoorspelbare paniekaanvalle en die volgehoue vrees dat nog so ’n aanval sal voorkom; kan ook agorafobie tot gevolg hê.

Parallel distributed processing (PDP) model (Parallelle verspreidingsprosesseringsmodel: ʼn Rekenaar model waarin elke item in die geheue voorgestel word deur ʼn spesifieke patroon van verspreide, maar wel gekoppelde, nodules wat gelyktydig geaktiveer word (dus in parallel funksioneer); ook as ’n neurale netwerkmodel bekend.

Paranoid schizophrenia (Paranoïede skisofrenie): ʼn Skisofreniese versteuring wat deur delusies en agterdog gekenmerk word.

Parasympathetic nervous system (Parasimpatiese senuweestelsel): Dit is ʼn vertakking van die outonome senuweestelsel wat die liggaamsprosesse verlaag om sodoende energie te bespaar en opwekking te verminder.

Paraventricular nucleus (PVN) (Paraventrikulêre nucleus): ʼn Groep neurone in die hipotalamus wat gelaai is met reseptor areas vir die oordragstowwe wat aptyt wek of laat afneem.

Partial (intermittent) reinforcement (Gedeeltelike (onderbroke) versterking): ʼn Versterkingskedule waarin slegs ʼn gedeelte van sekere tipe response deur ʼn versterker opgevolg word.

Passionate love (Hartstogtelike liefde): ’n Vorm van liefde wat intense emosionele opwekking, sowel as ʼn hunkering na mens se geliefde, insluit.

Pearson product-moment correlation coefficient (Pearson se produk-oomblik korrelasiekoëffisiënt): ’n Statistiese waarde wat die rigting en die krag van die verhouding tussen twee veranderlikes aandui; dit kan wissel in grootte van +1.00 tot -1.00.

Perception (Waarneming/Persepsie): Die proses waarby stimulus insette georganiseer word en dan betekenis daaraan toegeken word.

Perceptual constancies (Waarnemingskonstandhede/ persepsiekonstandhede): Die vermoë om die karaktertrekke van stimuli onder verskillende omstandighede te erken, bv. die grootte, kleur, ens.

Perceptual schemas (Perseptuele skemas): Kognitiewe voorstellings wat die belangrikste eienskappe van ’n waargenome voorwerp bevat.

Perceptual set (Perseptuele ingesteldheid): Die gereedheid ’n stimulus op ʼn sekere wyse waar te neem, gebaseer op verwagtinge, motiewe, emosies of oortuigings.

Performance components (Prestasie komponente): In Sternberg se drieledige intelligensiemodel, die spesifieke gedagteprosesse wat gebruik word om ʼn taak verrig.

Peripheral nervous system (Perifere senuweestelsel): Al die neurone wat die sentrale senuweestelsel met die sensoriese reseptore, die spiere en die kliere verbind.

Peripheral route to persuasion (Perifere roete na oorreding): Dit vind gewoonlik plaas wanneer mense nie ’n boodskap noukeurig ondersoek nie, maar meestal deur ander faktore, soos die spreker se aantreklikheid of die boodskap se emosionele appèl.

Personal constructs (Persoonlike konstrukte): In George Kelly se persoonlikheidsteorie, die kognitiewe kategorieë wat gebruik word om gebeure te sorteer en vergelykings tussen mense en gebeure te tref.

Personality (Persoonlikheid): Daardie biologiese en omgewingsbepaalde karaktereienskappe van ʼn persoon wat verantwoordelik is vir kenmerkende en relatief blywende patrone van redeneer, voel en doen.

Personality disorder (Persoonlikheidsversteuring):’n Kroniese, onveranderlike, wanaangepaste patroon van waarneem, redeneer en optree wat ʼn individu se vermoë om in sosiale en ander omgewings te funksioneer ernstig benadeel.

Personality traits (Persoonlikheidstrekke): Redelik stabiele kognitiewe, emosionele en gedragseienskappe wat bydra tot die vestiging van mense se individuele identiteite.

Personal unconscious (Persoonlike onbewuste): Volgens Jung, daardie aspekte van die onbewuste wat uit die individu se lewenservaringe tot stand kom.

Phenomenology (Fenomenologie): ’n Filosofiese denkrigting wat onmiddellike subjektiewe ervaring beklemtoon.

Phenotype (Fenotipe): Die waarneembare eienskappe van ʼn organisme wat deur die genetiese samestelling na vore gebring word.

Pheromones (Feromone): Chemiese sinjale wat in natuurlike liggaamsreuke voorkom.

Phobias (Fobies): Intense, irrasionele vrese vir spesifieke voorwerpe of omstandighede.

Phoneme (Foneem): Die kleinste eenheid van spraakklank in ʼn taal wat verskille in betekenis kan aandui. Engels het 40 foneme.

Photopigments (Fotopigmente): Proteïenmolekules in die kegeltjies en stafies wat as gevolg van hulle chemiese reaksies, tydens die absorpsie van lig, die ontstaan van senuweeimpulse tot gevolg het.

Placebo (Plasebo): ʼn Onaktiewe stof wat geen medisinale waarde besit nie.

Placebo control group (Plasebo kontrolegroep): ʼn Kontrolegroep wat slegs intervensie, aanvaar as nie-terapeuties, ontvang.

Placebo effect (Plasebo-effek): ʼn Verandering in gedrag, wat voorkom omdat daar verwag of aangeneem word dat behandeling ontvang is.

Place theory of pitch perception (Plek teorie van toonhoogte persepsie): Stel dat klankfrekwensies in terme van die gedeelte van die basilêre membraan waar die vloeistofgolf in die koglea ’n piek bereik, gekodeer word; hierdie teorie is van toepassing op die waarneming van frekwensies bo 4 000 hertz.

Pleasure principle (Genotsbeginsel): Die dryfkrag vir die onmiddellike bevrediging van drange waarvolgens die Id funksioneer.

Polygenic transmission (Poligene transmissie): ʼn Groep gene wat saam funksioneer om ʼn sekere fenotipiese kenmerk na vore te bring.

Polygraph (Poligraaf): ’n Kliniese – en navorsingsapparaat waarmee ’n wye verskeidenheid fisiologiese reaksies gemeet kan word.

Pons (Pons): ʼn Breinstamstruktuur wat sensoriese en motoriese bane bevat, en betrokke is by funksies betrokke by slaap en droom.

Population (Populasie): In ’n opname, die totale aantal gevalle waarop ʼn resultaat of stelling betrekking het.

Positive correlation (Positiewe korrelasie): ’n Verhouding tussen twee veranderlikes waar hoër tellings by die een veranderlike ook hoër tellings by die ander een aandui.

Positive psychology movement (Positiewe sielkunde beweging): ʼn Sienswyse waar die studie van menslike sterkte, vervulling en optimale lewenswyse benadruk word.

Positive reinforcement (Positiewe versterking): ʼn Respons word versterk deur die aanbieding van die daaropvolgende, versterkende beloning.

Positive symptoms (Positiewe simptome): Skisofreniese simptome soos delusies, hallusinasies en versteurde spraak en denke.

Positron emission tomography (PET) scan (Positron emissie tomografie (PET) skandering): ’n Prosedure wat visuele beelde, van die absorpsie van ’n radioaktiewe middel deur die neurons, verskaf en aandui hoe aktief hulle betrokke is by spesifieke breinaktiwiteite.

Post-conventional moral reasoning (Post-konvensionele morele redenasie): Volgens Kohlberg, die stadium waartydens morele oordeel op ʼn sisteem van geïnternaliseerde, weldeurdagte morele waardes gebaseer is.

Posttraumatic stress disorder (PTS) (Posttraumatiese stresversteuring (PTSV)): ʼn Patroon van angswekkende simptome, wat uit indringende gedagtes, vermyding en hiper-prikkelbaarheid bestaan en gewoonlik na ’n traumatiese ervaring voorkom; gekenmerk deur bv. Terugflitse, nagmerries, slaaploosheid en angsreaksies.

Pragmatics (Pragmatiek): Die kennis of die praktiese aspekte van die gebruik van taal, soos hoe ons woordkeuse afhang van die sosiale konteks waarin dit gebruik word.

Pre-conventional moral reasoning (Pre-konvensionele morele redenasie): Volgens Kohlberg, die stadium waarby morele oordeel op verwagte beloning of straf gebaseer is.

Predictive bias (Voorspellingsydigheid): Kom voor wanneer ʼn intelligensietoets kriteria maatstawwe (bv. skool of werksprestasie) suksesvol vir sommige groepe voorspel, maar nie vir ander nie.

Prefrontal cortex (Prefrontale korteks): Dit is die area van die frontale lob, net agter die oë en voorkop, wat by die uitvoerende funksies van beplanning, selfbewustheid en verantwoordelikheid, betrokke is.

Prejudice (Vooroordeel):’n Negatiewe houding teenoor mense gebaseer op die feit dat hulle aan ʼn sekere groep behoort.

Preoperational stage (Pre-operasionele stadium): In Piaget se teorie, die stadium van kognitiewe ontwikkeling, by kinders, waar die wêreld hoofsaaklik simbolies d.m.v. woorde en gedagtebeelde voorgestel word, maar nog nie die basiese verstandelike beginsels en reëls begryp nie.

Preparedness (Voorbereidheid): Die begrip dat diere, deur evolusie, ’n groter biologiese predisposisie ontwikkel het om sekere assosiasies makliker as ander aan te leer.

Primacy effect (Voorrangeffek): In indrukformasie, ons geneigdheid om meer waarde op die aanvanklike gegewens, wat ons van iemand te wete kom, te plaas.

Primary appraisal (Primêre beoordeling): Die aanvanklike skatting ten opsigte van ’n situasie as waardevol, irrelevant of bedreigend; ’n persepsie van die erns van ’n situasie.

Primary reinforcer (Primêre versterker): ʼn Positiewe versterker wat ’n biologiese behoefte bevredig, soos kos of water.

Priming (Aanwakkering): Kom voor wanneer blootstelling aan ’n stimulus daaropvolgende reaksies ten opsigte van dieselfde of ander stimuli beïnvloed; in langtermyngeheue, verwys dit na die geval waar een konsep deur ’n ander geaktiveer word.

Proactive interference (Proaktiewe invloed): Gebeur wanneer inligting wat in die verlede aangeleer is, inmeng met die herroeping van meer onlangse inhoud.

Problem-focused coping (Probleem-gefokusde hantering (coping)): Hanteringstrategieë wat direkte pogings om ʼn stresvolle situasie te konfronteer en te bemeester behels.

Problem-solving dream models (Probleemoplossing slaap modelle): Die beskouing dat drome kan help om ʼn kreatiewe oplossing te vind vir probleme en konflikte omdat hulle nie deur die realiteit beperk is nie.

Problem-solving schemas: (Probleemoplossingskemas): Stap-vir-stap aanwysings vir die seleksie van inligting en die oplossing van gespesialiseerde tipes probleme.

Procedural (nondeclarative) memory (Proses geheue): Geheue wat weerspieël word in aangeleerde vaardighede en handelinge.

Projective tests (Projektiewe toetse): Toetse, soos die Rorschach en die Tematiese Appersepsietoets, wat dubbelsinnige stimuli aan die deelnemer voorhou; dit word veronderstel dat die respons gebaseer is op die projeksie van interne karaktereienskappe van die persoon op die stimulus.

Proposition (Voorstel): ʼn Stelling wat ʼn idee artikuleer.

Propositional thought (Stellingsgedagte): ’n Gedagte wat ’n idee in linguistiese vorm artikuleer, soos wanneer ons klaarblyklik iets in ons gedagtes hoor of sê.

Prospective memory (Voornemende geheue): Om te onthou om iets in die toekoms te doen.

Protective factors (Beskermingsfaktore): Omgewings-of persoonlike hulpbronne wat mense help om beter te vaar in ʼn stressituasie.

Prototype (Prototipe): Die mees tipiese en bekende voorbeeld van ʼn groep wat ʼn konsep definieer.

Proximodistal principle (Proksimo-distale beginsel): Die neiging van fisiese ontwikkeling om in die dele van die liggaam, naaste aan die kern, te begin en dan uit te sprei na die buitenste dele.

Psychoactive drugs (Psigoaktiewe middels): Chemikalieë wat denkprosesse en gedrag beïnvloed deur realitietsbewustheid tydelik te verwring.

Psychoanalysis (Psigoanalise): ʼn Sielkundige teorie, aanvanklik deur Freud ontwikkel, wat interne en hoofsaaklik onbewuste oorsake van gedrag benadruk.

Psychodynamic behaviour therapy (Psigodinamiese gedragsterapie): Die integrasie van psigoanalise en gedragsterapie.

Psychodynamic perspective (Psigodinamiese perspektief): ’n Sielkunde perspektief wat op die wyse waarop persoonlikheidsprosesse, waarby onbewuste impulse, verdedigingsmeganismes en konflik ingesluit is, gedrag beïnvloed.

Psychogenic amnesia (Psigogene amnesie):’n Uitgebreide maar selektiewe geheueverlies wat na ʼn traumatiese gebeurtenis plaasvind.

Psychogenic fugue (also called dissociative fugue)(Psigogene Fuga (ook bekend as Dissosiatiewe Fuga)): ’n Dissosiatiewe verskynsel waar ʼn persoon sy/haar sin van identiteit verloor tot so ʼn mate dat hy/sy hom/haarself op ʼn ander plek vestig en nuwe identiteit ontwikkel.

Psycholinguistics (Psigolinguistiek): Die wetenskaplike terrein wat die sielkundige aspekte van taal bestudeer.

Psychological test (Sielkundige toets): Enige gegewe metode wat individuele verskille verwand aan ’n sielkundige konstruk meet en gebaseer is op ’n steekproef van relevante gedrag, wat onder gestandaardiseerde omstandighede verkry is.

Psychology (Sielkunde (wisselvorm Psigologie)): Die wetenskaplike studie van die verstand en gedrag.

Psychometrics (Psigometrie): Die statistiese studie van sielkunde toetse; bv. die psigometriese benadering tot intelligensie fokus op die hoeveelheid en die aard van vermoëns wat intelligensie definieer.

Psychophysics (Psigofisika): Die studie van die verband tussen die fisiese karaktereienskappe van stimuli en die sensoriese ervarings wat dit tot gevolg het.

Psychosexual stages (Psigoseksuele stadia): Ontwikkelingstadia waar psigiese energie om sekere liggaamsdele sentreer. Die belangrikste stadia in hierdie verband is die orale, anale en die falliese stadia; die aanname is dat ervarings gedurende hierdie stadia ’n impak op die persoonlikheidsontwikkeling het.

Psychosocial stages (Psigososiale stadia): ’n Reeks van agt ontwikkelingsstadia voorgestel deur Erikson, wat elk ’n verskillende krisis’ (bv. konflik) behels en verband hou met ons siening van onsself in verhouding tot ander mense en die wêreld.

Psychosurgery (Psigochirurgie): Chirurgiese prosedures, soos ’n lobotomie of gordelotomie, waarin breinweefsel wat by versteurde gedrag betrokke is verwyder word of die hulle verbinding met ander weefsel beëindig of beperk word.

Puberty (Puberteit): ’n Periode van vinnige biologiese rypwording waarin die persoon in staat is om seksueel te kan voortplant.

Punishment (Straf): ’n Respons word verswak deur die negatiewe resultaat wat daarop volg.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

Q

 

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

R

Random assignment (Ewekansige toewysing): ʼn Prosedure waarby elke deelnemer ʼn gelyke kans het om aan ʼn sekere groep toegese te word, tydens ʼn eksperiment.

Randomized clinical trial (Ewekansig-kliniese proefneming): ’n Navorsingsontwerp wat die ewekansige toewysing van kliente met spesifieke probleme tot ’n eksperimentele (terapie) groep of tot ’n kontrole groep behels, om sodoende geldige afleidings te kan maak rakende die terapie se doeltreffendheid.

Random sampling (Ewekansige steekproefneming): In opname navorsing, ’n metode wat gebruik word om ’n steekproef te trek waarby elke lid van die populasie ’n gelyke kans staan om ingesluit te word.

Range (Variasiewydte): ʼn Statistiese waarde wat die verskil tussen die hoogste en die laagste tellings in ʼn verspreiding verteenwoordig.

Rational-theoretical approach (Rasioneel-teoretiese nadering): ’n Benadering om die samestelling van toetsitems vas te stel op die basis van die teoretikus (gewoonlik ’n kundige op die gebied) se begrip van daardie konstruk.

Reaction range (Reaksiewydte): Die grense, deur genetika beïnvloed, waarbinne omgewingsfaktore ’n invloed op ’n organisme kan uitoefen.

Realistic conflict theory (Realistiese konflikteorie): Hou vol dat kompetisie vir beperkte hulpmiddels vooroordeel kweek.

Reality principle (Realiteitsbeginsel/ werklikheidsbeginsel): Die neiging van die ego om die realiteit/werklikheid in ag te neem en in ’n rasionele wyse op te tree tydens behoeftebevrediging.

Receptor sites (Reseptor areas): Proeienmolekules op neurons se dendriete of soma wat só gevorm is dat hulle spesifieke neuro-oordragstowwe kan akkommodeer.

Reciprocal determinism (Wederkerige determinisme): Bandura se model van twee-rigting oorsaaklike verhoudings tussen ’n persoon, sy/haar gedrag en die omgewing.

Reflexes (Reflekse): Outomatiese, ingebore gedrag wat deur sekere stimuli ontlok word.

 

Regression (in psychoanalytic theory) (Regressie (in psigoanalitiese teorie)): ’n Verdedigingsmeganisme waar ʼn persoon terugval na ʼn vorige ontwikkelingstadium as gevolg van ʼn reaksie op stres.

 

Reinforcement (Versterking): ʼn Reaksie word versterk as gevolg van die positiewe resultaat wat daarop volg.

 

Relapse prevention (Terugslag voorkoming): ʼn Terapeutiese benadering wat ontwerp is om hanteringsvaardighede aan te leer, self-effektiwiteit te verhoog en die onthoudingskendingseffek teen te werk, dus om die waarskynlikheid van ’n terugslag te verminder.

Reliability (in psychological testing) (Betroubaarheid (in psigologiese toetsing)): Die reëlmatigheid waarmee ʼn meetinstrument ’n gegewe eienskap assesseer of waarmee verskillende waarnemers op ’n gegewe telling ooreenstem.

Remote behaviour sampling (Afstandsgedragsteekproefneming): ʼn Metode waardeur gedragsteekproewe op proefpersone, in die omgang van hulle daaglikse lewe, ingesamel word.

REM sleep (REM-slaap): ʼn Herhalende slaapstadium wat gekenmerk word deur vinnige oogbewegings, ’n toename in fisiologiese prikkelbaarheid, verlamming van die willekeurige spiere en ’n verhoogde voorkoms van drome.

 

REM-sleep behaviour disorder (RBD) (REM-slaap gedragsversteuring): ʼn Slaapversteuring waar die verlies aan spiertonus, wat deur normale REM-slaap-verlamming veroorsaak word, afwesig is en sodoende tot gevolg het dat slapers kan rondbeweeg, soms geweldadig, en skynbaar hulle drome uitleef.

Replication (Reproduksie): Die proses om ʼn studie te herhaal ten einde te bepaal of die oorspronklike resultate gedupliseer kan word.

 

Representativeness heuristic (Kenmerkendheid heuristiek): ’n Basiese reël om die waarskynlikheid dat ’n voorwerp of gebeurtenis tot ’n sekere kategorie behoort te skat, wat gebaseer is op die mate waartoe dit verteenwoordigend is van die prototipe van daardie kategorie.

Representative sample (Verteenwoordigende steekproef): ’n Steekproef wat die eienskappe van die populasie, waaruit dit getrek is, akkurate weerspieël.

Repression (Onderdrukking): ’n Basiese verdedigingsmeganisme wat angswekkende inhoud daadwerklik in die onderbewuste hou.

 

Resistance (Weerstand): Meestal onbewuste pogings wat deur die kliënt aangewend word om angswekkende inhoud te omseil en homself daardeur te beskerm.

 

Response cost (also known as negative punishment and punishment by removal) (Respons koste) (ook bekend as Negatiewe straf en Straf deur verwydering)): ’n Tipe straf waarin ’n operante respons deur die daaropvolgende verwydering van ’n stimulus, verswak word, alhoewel die betrokke stimulus nie die oorsaak van die oorspronklike respons was nie (bv. die verwydering van ’n selfoon wanneer ’n kind deur ongehoorsaamheid aandag probeer trek.

Response prevention (Respons voorkoming): Die voorkoming van ontsnappings- of vermydingsresponse gedurende blootstelling aan angswekkende, gekondisioneerde stimuli met die doel om uitblussing aan te moedig.

Resting potential (Rustende potensiaal): Die verskil in lading tussen die binnekant en die buitekant van ’n neuron (ongeveer -70mv) veroorsaak deur die oneweredige verspreiding van ione binne-in die neuron se membraan en in die vloeistof wat die neuron aan die buitekant omring wat by die rustende neuron voorkom.

Restoration model (Herstel model): Die teorie dat slaap ons afgeremde liggame herlaai en ons in staat stel om te herstel van fisiese en geestelike vermoeienis.

Reticular formation (Retikulêre formasie): ’n Struktuur wat vanaf die agterbrein tot in die laer voorbrein strek en ’n sleutelrol in bewustheid, slaap en aandag speel; deels deur opwekking en aktivering van hoër breinsentrums (stygende gedeelte) en andersins deur die selektiewe blokkering van insette na die hoër breinareas (dalende gedeelte).

Retina (Retina): Die lig-sensitiewe weefsel agter die oog wat die visuele reseptore huisves.

Retrieval (Herroeping): Die proses waarby toegang verkry word tot inligting in die langtermyngeheue.

Retrieval cue (Herroepingswenk): Enige stimulus, intern en ekstern, wat die inligting, wat in die langtermyngeheue gestoor is, aktiveer.

Retroactive interference (Retroaktiewe invloed): Wanneer die herroeping van inligting, wat op ’n vroeër stadium reeds vasgelê is, deur die verwering van nuwe inligting beïnvloed word.

Retrograde amnesia (Retrograde amnesie): Geheueverlies ten opsigte van gebeurtenisse wat direk voor die aanvang van die amnesia plaasgevind het.

Reuptake (Heropname): Die proses waarby oordragstowwe heropgeneem word deur die presinaptiese neuron, sodat stimulasie van die neuron nie voortgesit word nie.

Rods (Stafies): Fotoreseptore in die retina wat tydens lae beligtingsvlakke funksioneer en nie kleurwaarneming ontlok nie.

Role Construct Repertory (Rep) Test (Rolkonstruk-repertorium-toets (REP-toets)): ʼn Tegniek, wat ontwikkel is deur persoonlikheidsielkundige Kelly, om mense se konstrukte te assesseer, deur hulle te vra om die wyses waarop mense van mekaar verskil en ooreenstem te beskryf.

Rorschach test (Rorschach toets):’n Projeksietegniek wat die interpretasie van inkvlekke behels en deur psigodinamiese sielkundiges gebruik word om waarnemings- en psigodinamiese aspekte van persoonlikheid te assesseer.

 

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

S

Sample (Steekproef): In ʼn opname, ’n substel van individue wat uit die populasie getrek is.

Scatterplot (Strooiingsdiagram): ’n Grafiek algemeen gebruik om die korrelasie van data te ondersoek; elke paar tellings van veranderlike X en veranderlike Y word op ’n enkele punt op die grafiek aangedui.

Schema (Skema): ʼn Gedagteraamwerk; ’n georganiseerde denkpatroon oor ’n bepaalde aspek van die wêreld, soos ’n sekere klas mense, gebeure, situasies of voorwerpe.

Schizophrenia (Skisofrenie): ’n Psigotiese versteuring wat ernstige versteurings van aandag, denkwyse, taal, emosie en gedrag behels.

Script (Voorskrif): ’n Gespesialiseerde skema wat ʼn volgorde van gebeure verteenwoordig (bv. ”om te gaan fliek”), wat in ’n gereelde, amper gestandaardiseerde, volgorde ontvou.

Seasonal affective disorder (SAD) (Seisoenale gemoedsversteuring (SGV)): ʼn Versteuring waarin depressiewe simptome voorkom of vererger gedurende sekere seisoene van die jaar (gewoonlik tydens herfs en winter) en dan weer tydens ander seisoene verbeter.

Secondary appraisal (Sekondêre beoordeling): ’n Mens se oordeel van die toereikendheid van die persoonlike hulpmiddels wat nodig is om ’n stressor te hanteer.

Secondary (conditioned) reinforcer (Sekondêre (gekondisioneerde) versterker): ’n Stimulus wat versterkingskwaliteite verwerf omdat dit geassosieer word met die primêre versterker.

Seeking social support (Soeke na sosiale ondersteuning): Toenadering tot ander om sodoende hulp of emosionele ondersteuning tydens spanningsvolle situasies te verkry.

Selective attention (Selektiewe aandag): ʼn Kognitiewe proses waar daar slegs op sekere stimuli gefokus word, terwyl die ander uitgeskakel word.

Self (Self): In Rogers se teorie, ’n georganiseerde, volgehoue stel waarnemings en oortuigings oor jouself.

Self-actualization (Selfverwesenliking): In humanistiese teorieë, ’n ingebore neiging om na die verwesenliking van jou volle potensiaal te streef.

Self-consistency(Selfkonsekwentheid): Die afwesigheid van konflik tussen selfpersepsies.

Self-determination theory (Selfdeterminasie teorie): ʼn Humanistiese teorie, deur Deci en Ryan geformuleer, wat op drie fundamentele sielkundige behoeftes fokus, nl.: bekwaamheid, selfstandigheid en betrokkenheid.

Self-efficacy (Selfeffektiwiteit): Die oortuiging dat ons in staat is om die nodige opdragte uit te voer om die verlangde resultate te bereik.

Self-enhancement (Selfverbetering): Die proses waarby positiewe selfagting verhoog word.

Self-esteem (Selfagting): Hoe positief of negatief ons oor onsself voel.

Self-fulfilling prophecy (Selfvervullende voorspelling): Kom voor wanneer mense se foutiewe voorspellings handelinge, wat die verwagte gedrag tot uiting bring, veroorsaak en sodoende die oorspronklike aanname bevestig.

Self-instructional training (Selfinstruksie opleiding): ’n Kognitiewe hanteringsbenadering waar daar aanpassende instruksies aan jouself gegee word, tydens kritieke fases van die hanteringsproses.

Self-monitoring (Selfmonitering): ʼn Persoonlikheidseienskap wat mense se geneigdheid om hulle sosiale gedrag in ooreenstemming met sosiale wenke, in teenstelling met interne waardes, houdings of behoeftes, te reguleer.

Self-perception theory (Self-persepsie teorie): Beweer dat ons gevolgtrekkings maak oor ons eie houdings, deur na ons eie gedrag te kyk.

Self-reinforcement processes (Selfversterkings prosesse): Toekenning van belonings en straf wat voorwaardelik is aan die handhawing van sekere gedragstandaarde is en ʼn belangrike basis is vir die selfregulering van gedrag vorm.

Self-relatedness (Self-betrokkenheid): Met betrekking tot psigoterapie verwys dit na die kliënt se vermoë om buigsaam te wees, te verander, aandagtig te luister na die terapeut en om dit wat in terapie geleer word konstruktief te gebruik.

Self-serving bias (Self-dienende sydigheid): Die neiging om die rol van persoonlike faktore relatief meer te beklemtoon wanneer sukses behaal word en daarenteen, omgewingsfaktore meer te blameer vir mislukkings.

Self-verification (Self-verifikasie): Die neiging om te poog om jou bestaande selfkonsep te bevestig of geldig te verklaar (bv. om kongruensiebehoeftes te bevredig).

Semantic memory (Semantiese geheue): Algemene feitlike kennis van die wêreld en taal, waarby geheue vir woorde en konsepte ingesluit word.

Semantics (Semantiek): Taalkundige reëls vir die wyse waarop simbole in ’n taal gekombineer kan word, om konsepte te kan voorstel.

Senile dementia (Seniliteitsdemensie): Demensie (ʼn geleidelike verlies aan kognitiewe vermoëns wat aan normale breinagteruitgang toegeskryf kan word) en na die ouderdom van 65 aanvang neem.

Sensation (Ervaring/Gewaarwording/Sensasie): Die proses waarby stimuli bespeur word, in ʼn senuweeprikkel omgeskakel word, en na die brein gestuur word.

Sensitive period (Sensitiewe periode): Die optimale ouderdomsomvang vir sekere ervarings, maar as hierdie ervarings tydens ʼn ander tydperk sou plaasvind, sal normale ontwikkeling steeds moontlik wees (vgl. met kritiese periode).

Sensorimotor stage (Sensories-motoriese stadium): In Piaget se teorie, die stadium van kognitiewe ontwikkeling, waarin kinders hulle wêreld hoofsaaklik verstaan deur sensories ervarings en die fisiese interaksie met voorwerpe.

Sensory adaptation (Sensoriese aanpassing): ’n Afname in sensoriese sensitiwiteit, wanneer ’n stimulus vir ’n wyle onveranderd aangebied word en sintuiglike neurone gewoond raak aan die stimulasie.

Sensory memory (Sensoriese geheue): Geheueprosesse wat inkomende sensoriese inligting net lank genoeg terughou sodat dit herken kan word.

Sensory neurons (Sensoriese neurone): Gespesialiseerde neurone wat boodskappe van die sintuiglike organe na die rugmurg en die brein vervoer.

Sensory prosthetic device (Sensoriese prostetiese toestel): ʼn Toestel wat sensoriese inligting kan verskaf wat, tot ʼn mate, ’n plaasvervanger kan wees as die persoon se eie sensoriese reseptors nie daartoe in staat is nie.

Separation anxiety (Skeidingsangs): Uitermatige ongemak wat deur babas ervaar word wanneer hulle van hulle primêre versorger geskei word, en alhoewel dit ’n hoogtepunt bereik tussen 12 en 16 maande, verdwyn dit tussen die ouderdom van 2 en 3 jaar.

Sequential design (Opeenvolgende (reeks)ontwerp): ʼn Navorsingsbenadering waar assesserings herhaaldelik uitgevoer word op dieselfde toetslinge, soos hulle ouer word.

Serial position effect (Reeksplasingseffek): Die bevinding dat herroepping, deur die item se plasing in ’n reeks, beïnvloed word.

Set point (Vasgestelde punt): ’n Biologies-gedetermineerde standaard waar rondom ons liggaamsmassa (of meer spesifiek ons vetmassa) gereguleer word.

Sex-typing (Geslagstipering): Om mense verskillend te behandel, op grond van die feit dat hulle manlik of vroulik is.

Sexual dysfunction (Seksuele disfunksie): Chroniese, beperkte seksuele funksionering wat uitermatige ongemak veroorsaak.

Sexual orientation (Seksuele oriëntasie): ’n Persoon se emosionele en erotiese voorkeur vir lewensmaats van ʼn bepaalde geslag.

Sexual response cycle (Seksuele responssiklus): ’n Fisiologiese respons op seksuele stimulasie wat stadiums van opwekking, plato, orgasme en afwending insluit.

Sexual strategies theory (Seksuele strategieteorie): Beweer dat geslagsverskille in paringstrategieë en -voorkeure ’n oorgeërfde, biologiese predisposisie weerspieël, wat met die verloop van evolusie deur mans en vrouens gevorm is.

Shaping (Vorming): ’n Prosedure, in operante kondisionering, waar versterking begin by gedrag wat die organisme reeds bemeester het en dan voorwaardelik aangebied word, soos wat gedrag toenemend die gewenste standaard bereik.

Shared environment (Gedeelde omgewing): Die omgewingsomstandighede wat deur ʼn familie of ʼn ander sosiale groep, gedurende ʼn sekere tydperk, gedeel word.

Short-term memory (Korttermyngeheue): ’n Geheuestoor wat ’n beperkte hoeveelheid inligting tydelik huisves.

Signal detection theory (Seinbespeuringsteorie): ’n Teorie wat aanneem dat stimulibespeuring nie op ’n vasgestelde, absolute drempel gebaseer is nie, maar eerder deur beloning, straf, verwagtinge en motiverende faktore, beïnvloed word.

Situation-focused intervention (Situasie-gefokusde intervensie): Voorkomingspogings wat op die verandering van omgewingsomstandighede, bekend vir hulle rol in die ontwikkeling van psigologiese versteurings, gefokus is.

Skinner box (Skinner-kas): ’n Eksperimentele kas waarin diere leer om operante response uit te voer, soos om ’n staaf te druk of op hom te pik, sodat die leerproses bestudeer kan word.

Sleep apnoea (Slaap apnee): ʼn Versteuring wat deur die herhalende siklus, waarin die slaper ophou om asem te haal, meteens wakker word en na asem snak, en weer aan die slaap raak, gekenmerk word.

Slow-wave sleep (Stadige-golf slaap): Stadiums 3 en 4 van slaap, waarin die EEG patroon stadige, groot breingolwe, bekend as delta golwe, aandui.

Social causation hypothesis (Sosiale kousaliteitshipotese): Die voorstel dat die hoër voorkoms van skisofrenie in lae-inkomste groepe, toegeskryf kan word aan die groter mate van spanning wat hulle ervaar.

Social clock (Sosiale horlosie): Die stel kulturele norms wat die optimale ouderdomsomvang waartydens werk, huwelike, ouerskap, en ander belangrike lewenservarings behoort plaas te vind, aandui.

Social-cognitive theories (of hypnosis) (Sosiaal-kognitiewe teorieë (van hipnose)): Die beskouings dat hipnotiese ervarings plaasvind juis omdat mense hoogs gemotiveerd is om gehipnotiseer te word; die persoon ontwikkel ʼn gereedheid om hipnotiese ervarings as eg en onwillekeurig te beskou.

Social-cognitive theory (Sosiaal-kognitiewe teorie): ʼn Kognitiewe gedragsbenadering tot persoonlikheidsontwikkeling van Bandura en Mischel, wat die rol van sosiale leer, kognitiewe prosesse en selfregulering beklemtoon.

Social comparison (Sosiale vergelyking): Die handeling om jou kenmerke, vermoëns en opinies met die van ander mense te vergelyk.

Social compensation (Sosiale kompensasie): Om harder te werk wanneer jy in ʼn groep is, as wanneer jy alleen is, om te kompenseer vir die laer produksie van ander lede.

Social constructivism (Sosiale konstruktivisme): Die beskouing dat mense hulle eie realiteit en oortuigings, deur middel van hulle denke, konstrueer.

Social desirability bias (Sosiale wenslikheidsydigheid): ʼn Geneigdheid om jouself in ʼn beter lig te stel of so op te tree, eerder as om te reageer soos wat jy werklik voel.

Social drift hypothesis (Sosiale-neigingshipotese): Die opvatting dat wanneer mense skisofrenie ontwikkel, hulle persoonlike en werksverwante-funksionering so verswak, dat hulle afwaarts neig op die sosio-ekonomiese leer.

Social exchange theory (Sosiale-uitruilteorie): ʼn Teorie wat voorstel dat ʼn sosiale verhouding die beste beskryf kan word interme van die uitruiling van belonings en pryse tussen twee vennote.

Social identity theory (Sosiale identiteitsteorie): Hou vol dat vooroordeel afkomstig is van ʼn behoefte om ons selfwaarde te verhoog.

Socialization (Sosialisasie): Die proses waardeur kultuur oorgedra word aan nuwe lede en deur hulle geïnternaliseer word.

Social learning theory (Sosiale leerteorie): Bandura se voormalige benaming vir die sosiale-kognitiewe teorie.

Social loafing (Sosiale leeglêery): Die neiging van mense om minder individuele energie te spandeer wanneer daar in ʼn groep gewerk word, as wanneer hulle alleen sou werk.

Social norms (Sosiale norme): Gedeelde verwagtinge oor hoe mense veronderstel is om te dink, te voel, en op te tree.

Social phobia (Sosiale fobie): ’n Uitermatige, onvanpaste vrees vir sosiale situasies waarin ʼn persoon geevalueer kan word en moontlik in ʼn verleentheid gestel kan word.

Social role (Sosiale rol): ’n Stel norme wat bepaal hoe ’n individu, in ʼn bepaalde sosiale posisie, behoort op te tree (bv. ʼn “moeder”, ʼn “polisieman”)

Social skills training (Sosiale vaardigheidsopleiding): Die tegniek waarby ʼn kliënt meer effektiewe sosiale vaardighede aanleer deur waarneming en nabootsing van ʼn bekwame model.

Social structure theory (Sosiale struktuur teorie): Hier word vol gehou dat mans en vrouens verskillend optree, soos om verskillende metgesel-voorkeure te openbaar, omdat die gemeenskap verskillende sosiale en ekonomiese rolle op hulle afdwing.

Socio-cultural perspective (Sosiokulturele perspektief): Die siening wat die rol van kultuur en die sosiale omgewing, in ons begrip van ooreenkomste en verskille in menslike gedrag, beklemtoon.

Somatic nervous system (Somatiese senuweestelsel): Die tak van die perifere senuweestelsel wat insette vanaf die sensoriese reseptore en uitsette na die willekeurige spiere, verskaf.

Somatic relaxation training (Somatiese ontspanningsopleiding): Om, op ’n willekeurig wyse, hoë prikkelbaarheid te verminder of te voorkom deur die toepassing van spierontspanning.

Somatic sensory cortex (Somatiese-sensoriese korteks): Kortikale stroke in die voorste gedeeltes van die parietale lobbe wat sensories toevoer van die teenoorgestelde kant van die liggaam ontvang. 

Somatoform disorder (Somatoforme versteuring): ’n Versteuring waar ’n persoon van liggaamlike simptome kla, maar wat nie aan enige werklike fisiese skade of afwyking, toegeskryf kan word nie.

Source confusion (Bron verwarring): Die neiging om iets te herroep of te herken, maar te vergeet waar dit voorheen teëgekom is. Ook bekend as bron moniteringsfout.

Specificity question (Spesifisiteitsvraag): Die beslissende vraag wat in psigoterapeutiese navorsing gevra word: ”Watter tipe terapie, deur watter tipe terapeut aangebied, aan watter tipe kliënt, met watter tipe probleme, het watter soort effek tot gevolg?”

Specific phobia (Spesifieke fobie): ’n Irrasionele en uitermatige vrees vir spesifieke voorwerpe of situasies wat min of geen werklike bedreiging inhou nie.

Speech segmentation (Spraak verdeling): Die taak om vas te stel waar elke woord in ʼn gesproke sin begin en eindig.

Splitting (Splitsing): ’n Geneigdheid, wat gereeld by persone met grenslynpersoonlikheidsversteuring voorkom, om nie beide positiewe en negatiewe aspekte van ander se gedrag in ’n samehangende, kognitiewe verteenwoordiging van daardie persoon, te integreer nie.

Spontaneous recovery (in classical conditioning) (Spontane herstel (in klassieke kondisionering)): Na ’n verloop van tyd, maak ’n gekondisioneerde respons, wat voorheen reeds uitgewis was, weer sy verskyning.

Spontaneous remission (Spontane remissie): Verbetering van simptome in die afwesigheid van terapeutiese intervensie.

Standard deviation (SD) (Standaardafwyking (SA)): ’n Maatstaf van veranderlikheid wat die mate, waartoe elke telling van die gemiddeld afwyk, in ag neem. Statisties, die vierkantswortel van die variansie van ’n datastel.

Standardisation (Standaardisering): In psigologiese toetsing, verwys na (1) die daarstel van spesifieke prosedures waarop ’n toets aangebied of observasies uitgevoer moet word en (2) die verkryging van norms, waarmee individuele prestasie vergelyk kan word.

State-dependent memory (Toestand-afhanklike geheue): Die verhoogde vermoë om inligting te herroep wanneer jou interne toestand tydens herroeping, ooreenstem met jou oorspronklike toestand, waartydens dit aangeleer is.

Static testing (Statiese toetsing): Die tradisionele benadering tot toetsing, waar die toets onder hoogs gestandaardiseerde omstandighede aangebied word.

Statistical significance (Statistiese betekenisvolheid): In navorsing, ’n term wat beteken dat dit onwaarskynlik is dat ʼn sekere bevinding, slegs as gevolg van toeval, kon plaasvind. Sielkundiges beskou tipies ʼn resultaat statisties betekenisvol, as die kans dit toevallig kon plaasvind, minder as 5 keer uit100 is.

Stereotype (Stereotipe): ’n Veralgemeende oortuiging rakende ʼn sekere kategorie of groep mense.

Stereotype threat (Stereotipiese bedreiging): Die angs wat veroorsaak word deur die waargenome moontlikheid dat jou gedrag of prestasie, ʼn negatiewe stereotipe rakende jou groep, sal bevestig.

Stimulants (Stimulante): Verdowingsmiddels wat neurale aktiwiteit stimuleer en ʼn staat van opwekking of prikkelbare euforie kan meebring.

 

Stimulus control (Stimulus kontrole): Die voorkoms van ’n operante gedrag in reaksie op ’n diskriminerende stimulus.

Stimulus generalization (Stimulusveralgemening): ’n Stimulus, wat nie die oorspronklike gekondisioneerde stimulus is nie, ontlok ’n gekondisioneerde respons, gebaseer op die ooreenkoms tussen hierdie stimulus en die gekondisioneerde stimulus.

Stimulus hierarchy (Stimulushiërargie): In sistematiese desensitasie, angswekkende stimuli wat gegradeer word, in terme van die hoeveelheid angs wat dit verwek.

Storage (Storing): Die berging van inligting in die geheue wat mettertyd plaasvind.

Stranger anxiety (Vreemdelingsangs): Uitermatige ongemak wat ervaar word tydens kontak met onbekende mense, wat tipies in die eerste lewensjaar ontwikkel en wegkwyn in die tweede lewensjaar.

Strange situation (Onbekende situasie): ’n Gestandaardiseerde prosedure wat gebruik word om die tipe emosionele binding tussen ’n baba en ’n versorger, te bepaal.

Strategic pluralism (Strategiese dubbelsinnigheid): Die begrip dat meervoudige, selfs teenstrydige, gedragstrategieë (bv. introversie en ekstraversie) moontlik aanpassend in spesifieke omgewings kan wees en sou daarom, deur natuurlike seleksie, onderhou word.

Stress (Stres/Spanningsdruk): Terme, met uitgebreide betekenisse, wat ondermeer verwys na (1) situasies wat hoë eise aan ’n organisme stel, (2) die kognitiewe, fisiologiese en gedragsresponse op sulke situasies en (3) die volgehoue transaksies tussen die individu en veeleisende situasies.

Stress-induced analgesia (Stres-geïnduseerde analgesie (pyn-ongevoeligheid)): ’n Afname in pynsensitiwiteit wat voorkom wanneer endorfiene onder stresvolle situasies afgeskei word.

Stressors (Stressors): Situasies wat eise aan organismes stel, wat hulle hulpmiddels uitput of oorskry.

Stress response (Stresreaksie): Die patroon van kognitiewe, fisiologiese en gedragsreaksies op eise wat ’n persoon se hulpmiddels oorskry.

Stroboscopic movement (Stroboskopiese beweging): Die bewegingsillusie wat ontstaan wanneer aangrensende ligte aan en af geskakel word op spesifieke tydsintervalle.

Structuralism (Strukturalisme): ’n Vroeë Duitse sielkundige beweging, deur Wundt gestig, wat gepoog het om die struktuur van die verstand te bestudeer, deur die af te breek in die mees basiese komponente, wat volgens hulle gewaarwordings (sensasies) was.

Structured interview (Gestruktureerde onderhoud): ’n Gestandaardiseerde onderhoudsprotokol waarin slegs spesifieke vrae gevra word.

Sub-goal analysis (Sub-doelwit analise): ’n Probleemoplossingsheuristiek waarin mense ’n groot probleem benader, deur die daarstelling van kleiner doelwitte, of tussentydse stappe, nader aan die oplossing.

Subjective well-being (Subjektiewe welstand): Geluk; ’n algehele gevoel van tevredenheid met ʼn mens se lewe.

Sublimation (Sublimasie): Die kanalisering van onaanvaarbare impulse na sosiaal-aanvaarbare gedrag, soos wanneer aggressiewe neigings in gewelddadige sport tot uiting kom.

Subliminal stimuli (Subliminale stimuli): Swak stimuli, onder die perseptuele drempel, wat nie bewustelik ervaar word nie.

Substance dependence (Substansafhanklikheid): ’n Wanaangepaste patroon van substans gebruik wat merkbare, uitermatige ongemak veroorsaak of wesenlike beperkings op ’n persoon se lewe plaas; substans afhanklikheid word gediagnoseer as “met fisiologiese afhanklikheid” wanneer toleransie – of onttrekkingsimptome ontwikkel het.

Suicide (Selfmoord): Wanneer ’n persoon sy/haar eie lewe, met opset, neem.

Superego (Superego): In psigoanalise, die morele arm van die persoonlikheid, wat die standaarde en waardes van die gemeenskap internaliseer en as die persoon se gewete dien.

Suprachiasmatic nuclei (SCN) (Suprachiasmatiese kerne): Die brein se ‘biologiese horlosie’ wat die meeste sirkadiese ritmes reguleer en in die hipotalamus geleë is.

Surface structure (Oppervlak struktuur): ’n Linguistiese term vir die woorde en organisasie van ’n gesproke of geskrewe sin. Twee sinne mag ’n heel verskillende oppervlak struktuur, maar steeds dieselfde betekenis hê.

Survey research (Opname navorsing): ’n Metode waarby vraelyste of onderhoude gebruik word, om inligting oor groot hoeveelhede mense te bekom.

Sympathetic nervous system (Simpatiese senuweestelsel): ’n Tak van die outonome-senuweestelsel wat ʼn opwekkingsfunksie het met betrekking tot die liggaam se interne organe, om sodoende, die liggaamsprosesse te versnel en die liggaam te mobiliseer.

Synaptic space (Sinaptiese spleet): Die mikroskopiese spasie tussen die aksone van die een neuron en die dendriete of selliggaampies van die volgende een, waar senuwee-impulse oorgedra word.

Synaptic vesicles (Sinaptiese blasies): Ruimtes binne in die akson wat die neuro-oordragstowwe huisves.

Synesthesia (Sinestesie): ʼn Toestand waarby stimuli nie net in die normale sensoriese modaliteit ervaar word nie, maar ook in ander.

Syntax (Sintaksis): Die reëls waarvolgens simbole in ’n gegewe taal gekombineer word.

Systematic desensitization (Sistematiese desensitisasie): ’n Prosedure, gebruik tydens die eliminasie van angs, deur van teen-kondisionering gebruik te maak, waar ’n nuwe respons, wat onversoenbaar is met angs, met die angswekkende, gekondisioneerde stimulus gebind word.

 

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

T

Tardive dyskinesia (Tardiewe diskinesie): ’n Onomkeerbare motoriese versteuring wat as ’n newe-effek van sekere antipsigotiese middels kan voorkom.

Taste buds (Smaakknoppies): Chemiese smaakreseptore wat in die tong, verhemelte en agterkant van die mond geleë is en sensitief is vir smake soos soet, suur, sout en bitter.

Temperament (Temperament): ’n Biologies-gebaseerde, algemene styl van emosionele – en gedragsreaksies ten opsigte van die omgewing.

Teratogens (Teratogene): Omgewingsinvloede (nie-geneties) wat abnormale prenatale ontwikkeling veroorsaak.

Test-retest reliability (Toets-hertoetsbetroubaarheid): Die mate waartoe ʼn korrelasie van toetstellings geskied, wanneer dieselfde toets, deur dieselfde groep mense, op twee verskillende geleenthede voltooi word.

Thalamus (Talamus): ’n Belangrike sentrum vir sensoriese integrasie en herleiding van inligting in die voorbrein, word soms na die brein se sensoriese skakelbord verwys.

THC (tetrahydrocannabinol) (Tetrahidrokannabinol(THK)): Die hoof aktiewe bestanddeel in dagga (marijuana).

Theory (Teorie): ’n Stel formele stellings wat verklaar hoe en waarom sekere gebeurtenisse of fenomene in verhouding tot mekaar staan.

Theory of cognitive dissonance (Teorie van kognitiewe dissonansie): Stel dat mense poog om konsekwentheid tussen hulle oortuigings en hulle gedrag te handhaaf en dat inkonsekwentheid dissonansie veroorsaak (i.e. ongemaklike opwekking) wat daarenteen mense motiveer om weer die balans te herstel deur óf die oortuiging óf die gedrag te verander.

Theory of mind (Psigeteorie): ʼn Persoon se oortuigings oor die psige (siel, gees, verstand) en die vermoë om ander mense se geestestoestand te verstaan.

Theory of planned behaviour (Beplande gedragsteorie): Verduidelik dat ons bedoeling om op ’n sekere wyse op te tree, die sterkste is wanneer (1) ons ’n positiewe houding teenoor die spesifieke gedrag het, (2) subjektiewe norme (ons idees oor wat ander mense dink ons behoort te doen) ons houding ondersteun en (3) ons glo dat die gedrag binne ons beheer is.

Threat (Bedreiging): In Rogers se teorie, enige ervaring wat teenstrydig is met ons selfkonsep, insluitende ons persepsies van ons eie gedrag. Bedreiging ontlok angs.

Three-stratum theory of cognitive abilities (Drie-laag teorie van kognitiewe vaardighede): ’n Model van intelligensie wat op faktoranalise gebaseer is en drie hiërargiese vlakke van vermoëns, van spesifieke vaardighede tot ’n algemene intellektuele (G) faktor, insluit.

Tip-of-the-tongue (TOT) state (Punt-van-die-tong staat): Die ervaring dat jy op die punt is om iets te onthou, dit is op die punt van jou tong, maar jy kan dit net nie herroep nie.

Token economy (Tekenekonomie): ’n Prosedure waar aanvaarbare gedrag versterk word deur die toekenning van sekere tekens of punte, wat later verruil kan word vir ander versterkers of sinvolle belonings.

Tolerance (Toleransie): ’n Toestand waarin toenemend groter dosisse van ’n dwelmmiddel vereis word, om dieselfde vlak van liggaamsreaksies te ontlok; word deur die liggaam se kompensatoriese response, wat die effek van die dwelmmiddel probeer teenwerk, veroorsaak.

Top-down processing (Afwaartse prosessering): Perseptuele prosessering waarin bestaande kennis, konsepte, idees of verwagtinge toegepas word, om sodoende sin te maak van inkomende stimulasie.

Transduction (Transduksie): Wanneer een vorm van energie oorgeskakel word na ’n ander vorm; in sensasie, is dit die proses waarby fisiese stimuli oorgeskakel word in senuwee-impulse.

Transference (Oordrag): ʼn Psigoanalitiese fenomeen waar ʼn kliënt irrasioneel optree teenoor die analis asof laasgenoemde ʼn belangrike persoon uit die kliënt se verlede is, wat ’n sleutelrol in die kliënt se dinamiek speel.

Transtheoretical model (Transteoretiese model): ’n Model van gedragsverandering wat die fases van pre-oorweging, oorweging, voorbereiding, aksie, onderhoud en terminasie insluit.

Trauma-dissociation theory (Trauma-dissosiasie teorie): Verduidelik dat die ontwikkeling van dissosiatiewe identiteitsversteuring verdediging teen uitermatige mishandeling of trauma, tydens die kinderjare, is.

Triangular theory of love (Driehoek-liefdesteorie): Beweer dat verskillende soorte liefde ontstaan as gevolg van die verskillende kombinasies van drie kernfaktore: intimiteit, verbintenis, en passie(hartstog).

Triarchic theory of intelligence (Drieledige teorie van intelligensie): Sternberg se teorie van intelligensie wat tussen analitiese, praktiese en kreatiewe vorms van verstandsvermoë onderskei.

Twin study (Tweelingstudie): ʼn Navorsingsmetode in gedragsgenetika waarin spesifieke karaktereienskappe van identiese (monosigotiese) en nie-identiese (disigotiese) tweelinge vergelyk word; hierdie metode is veral leersaam wanneer die tweeling in verskillende omgewings groot geword het.

2 * 2 achievement goal theory (2 * 2 prestasie-doel teorie): ’n Motiveringsmodel waarin elke persoon beskryf kan word in terme van ’n prestasie motiveringsprofiel, wat vier tipes doelwitte insluit: bemeestering-nadering, ego-nadering, bemeestering-vermyding, en ego-vermyding.

Two-factor theory of avoidance learning (Tweefaktorteorie van vermydingsleer): Verklaar dat vermydingsleer eerstens die klassieke kondisionering van vrees insluit, daarna volg die aanleer van operante response wat ’n verwagte aversiewe stimulus vermy en dus versterk word deur angsvermindering.

Two-factor theory of emotion (Tweefaktorteorie van emosie): Schachter se teorie, wat voorstel dat die intensiteit van fisiologiese opwekking verantwoordelik vir die intensiteit van die emosie wat ervaar word, terwyl die beoordeling van omgewingswenke vir ons inligting gee oor watter emosie ervaar word.

Type A behaviour pattern (Tipe A-gedragspatroon): ’n Ervaring van dringendheid, kompeterendheid, gedragseise en vyandigheid wat ’n risiko faktor in koronêre hartversaking kan wees.

 

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

U

Unconditional positive regard (Onvoorwaardelike positiewe agting): ʼn Gekommunikeerde houding van totale en onvoorwaardelike aanvaarding van ’n ander persoon wat sy/haar intrinsieke waarde illustreer.

Unconditioned response (UCR) (Ongekondisioneerde respons): ’n Respons (gewoonlik refleksief of aangebore) wat deur ʼn spesifieke stimulus (die ongekondisioneerde stimulus) ontlok word, sonder dat dit eers aangeleer is.

Unconditioned stimulus (UCS) (Ongekondisioneerde stimulus): ’n Stimulus wat ʼn spesifieke refleksiewe of aangebore respons (die ongekondisioneerde respons) ontlok, sonder dat dit eers aangeleer is.

Undifferentiated schizophrenia (Ongedifferensieerde skisofrenie): ’n Residuele kategorie van skisofrenie vir mense wat die kenmerklike positiewe en negatiewe simptome van skisofrenie het, maar nie voldoen aan die spesifieke kriteria vir die paranoïede, katatoniese of gedisorganiseerde subtipes nie.

Unobtrusive measures (Nie-indringende maatstawwe): Tegnieke om gedrag te meet terwyl die deelnemers onbewus is dat hulle gedrag opgeneem of waargeneem word

Upward comparison (Opwaartse vergelyking): Om te beleef dat jy slegter daaraan toe is, as die standaard vir vergelyking.

 

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

V

Validity (Geldigheid): Die mate waartoe ’n toets werklik meet wat dit veronderstel is om te meet; die mate waartoe die kategorieë van ’n diagnostiese sisteem, die kern eienskappe van gedragsversteurings bevat en differensiasie tussen die verskillende versteurings mootlik maak.

Variable (Veranderlike): Enige eienskap van ʼn organisme of situasie wat kan wissel.

Variable-interval (VI) schedule (Veranderlike-interval (VI) skedule): ’n Versterkingskedule waarin versterking aangebied word vir die eerste respons van ’n sekere soort, wat na ’n gemiddelde (maar wisselende) tydsinterval, vanaf die vorige versterkde respons, volg.

Variable-ratio (VR) schedule (Veranderlike-ratio (VR) skedule): ’n Versterkingskedule waarin versterking gebaseer word op ’n gemiddelde (maar wisselende) hoeveelheid response van ’n sekere soort.

Variance (Variansie): ’n Statistiek wat die gemiddeld van die kwadraat afwykingstellings van die verspreiding se rekenkundige gemiddeld meet.

Vestibular sense (Vestibulêre sintuig): Die sintuig wat liggaamsoriëntasie of ekwilibrium waarneem; die gewaarwording van liggaamsoriëntasie of ekwilibrium.

Virtual reality (VR) (Wesenlike werklikheid/ Virtuele realiteit): Rekenaar-vervaardigde, wesenlike omgewings, wat ervarings soortgelyk aan die in die ooreenstemmende werklike omgewing bied en waardeur ’n individu verswelg kan word.

Visual acuity (Gesigskerpte): Om fyn detail te kan waarneem.

Visual agnosia (Visuele Agnosie): Die verlies van die vermoë om visuele prikkels te herken of te verstaan.

Vulnerability factors (Kwesbaarheidsfaktore): Situasionele of fisiese faktore wat die vatbaarheid vir die negatiewe impak van ’n stresvolle ervaring verhoog.

Vulnerability-stress model (Kwesbaarheid-stres model): Verduidelik gedragsversteurings as die gevolg van predisponerende biologiese of psigologiese kwesbaarheidsfaktore wat deur ʼn stressor ontsluit word.

 

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

W

Weber's law (Weber se wet): Stel dat die verskil tussen twee stimuli slegs waargeneem kan word indien die daar konstante persentasie of ratio verskille is.

Wernicke's area (Wernicke se area): Die gebied in die linker temporale lob van die brein wat betrokke is by die begrip van spraak.

Wisdom (Wysheid): ’n Sisteem van kennis oor die betekenis en verloop van die lewe.

Wish fulfilment (Wensvervulling): In Freudiaanse teorie, die gedeeltelike of algehele vervulling van ’n psigologiese behoefte deur drome of fantasie tydens dagdrome.

Withdrawal (Onttrekking): Die voorkoms van kompensatoriese response na dwelm-gebruik getaak word, wat veroorsaak dat die persoon die teenoorgestelde fisiologiese reaksies, as wat deur die dwelm teweeggebring is, ervaar.

Working memory (Werkende geheue): ’n Werksareas in die verstand wat inligting tydelik huisves, dit aktief prosesseer en ander kognitiewe funksies ondersteun.

 

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

X

 

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

Y

Young-Helmholtz trichromatic theory (Young-Helmholtz trichromatiese teorie): Die teorie oor kleurvisie, wat voorstel dat daar drie soorte kleurreseptore in die retina is, – een vir rooi, een vir blou en een vir groen – en dat aktiveringskombinasies van die reseptore, waarneming van enige sigbare kleur op die spektrum, meebring.

 

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z

Z

Zone of proximal development (Sone van proksimale ontwikkeling): Die verskil tussen dit wat ʼn kind onafhanklik kan doen en dit wat hy/sy met die hulp van volwassenes of meer gevorderde kinders in hulle portuurgroep moet doen.

Zygote (Sigoot): ’n Bevrugte eiersel

 

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W| X | Y | Z








Passer, PsychologyOnline Learning Center

Home > Glossary in Afrikaans